Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 14 VAN 43

Vennootskap met God

Lees: Efesiërs 2:4-10

SOAP: Efesiërs 2:10

"Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."

Oordenking

Liewe vriendin, is dit nie wonderlik om te weet ons is God se handewerk nie? Nog voordat ons ons eerste asemteug geneem het, het God reeds ongelooflike dinge vir ons beplan om met ons lewens te doen. Ons elkeen is met liefde en doelbewus geskep en noukeurig by sy groot plan ingeweef. Dit is by hierdie groot tapisserie wat Hy ons nooi om by Hom aan te sluit in sy werk – om met Hom saam te werk om sy liefde deur die goeie nuus van die evangelie te versprei.

Hierdie vennootskap gaan nie daaroor om dit met ons eie beperkte krag te probeer doen nie. Dit is om ons harte in pas te bring met Syne en in te val by sy wil, wat Hy alreeds vir ons voorberei het. Dit is ‘n soort goddelike dans waar Hy lei en ons volg, hand aan hand, stap vir stap.

Dink daaroor na – elke oomblik van elke dag word ‘n geleentheid om met ons Skepper saam te werk. Of dit nou is om die ekstra myl te loop om ‘n naaste in nood by te staan, om vergifnis van ons huweliksmaat te vra, of Bybel te lees saam met ons kinders, ons werk saam met God in die mees buitengewone werk van alle tye.

In hierdie vennootskap is ons nooit alleen nie. Hy lei ons, rus ons toe en stap elke tree saam met ons. Die take kan verskil en die omstandighede kan verander. Wat nooit verander nie, is sy onwrikbare teenwoordigheid en die oneindige genade wat vloei uit ons eenheid met Christus.

Koester hierdie goddelike vennootskap met vreugde en afwagting. Kom ons wees ontvanklik vir sy leiding en sluit in hierdie heilige en vervullende reis by Hom aan.

Gebed

Liewe Jesus, dankie dat U my by hierdie ongelooflike werk insluit. Help my om die goeie dade te sien waarvoor U my voorberei het en gee vir my die moed en krag om hand aan hand met U daarin te wandel. Lei my treë en gebruik my lewe om u liefde en heerlikheid te weerspieël. Amen.

Vraag

Tot watter “goeie werke” roep God jou moontlik om vandag aan deel te neem as deel van jou vennootskap met Hom?

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid