Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 1 VAN 43

WELKOM by ons Bybelstudie: Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Voel dit ooit vir jou moeilik om ‘n ma te wees? Het jy al ooit gewonder of jy die “regte” ma vir jou kinders is? Wonder jy in die stilligheid of God dalk ‘n fout gemaak het? Voel jy ooit gespanne om kinders in ons gebroke samelewing groot te maak en hoop jy jy doen genoeg?

Liewe vriendin, jy is nie alleen nie. Moederskap vol Genade is geskryf vir elke ma wat al ooit haar waarde in twyfel getrek het, oorweldig gevoel het oor die eise van ouerskap, of gesmag het na ‘n rukkie vrede te midde van die chaos van ‘n gesin grootmaak.

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur al die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Dit herinner ons om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl ons ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar ons kinders in die Woord van God gegrond kan word.

Sluit vir die volgende ses weke by ons aan en ontdek hoe jou geduld, opofferings en liefde ‘n blywende invloed op toekomstige geslagte kan uitoefen. Jy kan nog aanlyn inhoud oor Moederskap vol Genade in o.a. blog- en gemeenskapsgroepe se plasings lees. Ontdek die skoonheid daarvan om jou kinders te vorm, te koester en lief te hê op ‘n manier wat die hart van God weerspieël.

Omhels jou roeping as ‘n ma en put jou krag uit die wete dat jy presies is wat jou kinders nodig het. Jou moederskap maak saak.

Jou reis van genade en liefde begin hier

__________________

Hier by Love God Greatly Afrikaans gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

_____________________

Inleiding:

Liewe vriendin, jy maak saak! Terwyl ek op die punt staan om my oudste van drie dogters universiteit toe te stuur, ween ek as ek terug kyk oor die jare en hoe vinnig hierdie nuwe seisoen van moederskap aangebreek het. Wanneer ek terugkyk oor my moederskapsreis, wil ek jou graag aanmoedig om die dae wat jy saam met jou kinders gegun word, te koester. Ek weet in die vroeë jare lyk sommige dae lank, maar ons moet onthou dat hierdie seisoen van moederskap van korte duur is. En, soos myne, sal jou kinders ook groot wees voor jy jou oë uitvee.

My hart agter hierdie studie is om jou aan te moedig in jou roeping van moederskap. Hoe jy die harte van jou kinders liefhet, koester en kweek maak saak. As ek terugdink, het ek 'n beter perspektief van wat werklik saak maak – en wat regtig nie. Ek was, en is steeds, 'n onvolmaakte ma. Ek het my bes probeer, maar ek het ook baie keer misluk. Dit is in daardie moeilike dae wat ek geleer het om op Jesus te steun. Daardie mislukkings het my die geleentheid gegee om om vergifnis te vra, myself te verootmoedig, God se genade te ontvang en vir my kinders te wys hoe dit lyk om Jesus te volg – onvolmaak maar getrou. Hulle het eerstehands aanskou en ervaar hoe genade lyk en voel. Ons is almal gebrekkig en gebroke maar tog volmaak liefgehê deur God. Ons het almal elke oggend God se genade opnuut nodig.

Liewe vriendin, ek weet die reis van moederskap is nie maklik nie, maar dit beteken nie dat dit nie goed is nie. Hoe jy jou lewe in jou kinders en die volgende generasie belê maak saak. Jou jare van opoffering skep rippel effekte vir toekomstige geslagte wat 'n diepgaande impak op hulle sal hê in die komende jare. Moederskap is 'n wonderlike roeping gevul met hoogtepunte en laagtepunte en alles tussenin. In die begin ervaar jy ontelbare slapelose nagte. Later, soos jou kinders na volwassenheid groei, hulle vlerke sprei en die huis verlaat, sal jy verskillende soorte slapelose nagte hê wanneer jy wonder of jy hulle goed genoeg voorberei het op die lewe.

Ek wens ek was nou van aangesig tot aangesig met jou. Ek wil jou graag omhels, jou reguit in die oë kyk en vir jou sê dat JY die perfekte mamma vir jou kinders is. God het nie 'n fout gemaak nie. Jy is net die ma wat jou kinders nodig het om hulle voor te berei vir God se roeping op hulle lewens. Steun dus op Jesus op jou goeie en slegte dae. Skuif die druk en gewig van voel dat jy 'n perfekte ma moet wees van jouself af en na Jesus toe. Jy is nie bedoel om daardie las te dra nie, liewe vriendin.

Dae wanneer jou geduld opraak en jou kragte gedrein voel, draai na Jesus. Op die dae wanneer jy bevraagteken of jy dit reg doen of wonder of jy jou kinders se lewens opmors, draai na Jesus. En op die dae wanneer die skottelgoed aanhou ophoop, die wasgoed oorloop, en die eise onversetlik is, draai na Jesus.

Ons word geleenthede gegun om na die beeld van Christus gevorm te word en sy karakter aan diegene rondom ons te weerspieël in ons moederskapstryd. In die gawe van moederskap het ons die ongelooflike voorreg om ons kinders te vorm, te koester en lief te hê op 'n manier wat die hart van God weerspieël.

So liewe vriendin, vergesel my hierdie volgende ses weke terwyl ons ronddelf in 'n lewe van genade, oorgawe en liefde. Ons sal die skoonheid van 'n evangelie-gesentreerde huis ontdek en die vreugde daarvan om kinders groot te maak wat in die Woord van God gewortel is, terwyl ons hulle harte kweek om God heelhartig lief te hê met hulle lewens.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid