Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 3 VAN 43

Week 1 - Goddelike Roeping van Moederskap

God se Ontwerp

Lees: Genesis 1:26-28

SOAP: Genesis 1:28

"Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit."

Oordenking

Liewe vriendin, JY is deel van God se ongelooflike ontwerp. 'n Ontwerp wat ons oproep om ons kinders lief te hê, te beskerm en te lei, wat hulle help om 'n hart te kweek wat Hom liefhet.

Ons reis as ma’s is meer as net ’n rol; dit is 'n sending wat deur God aan ons toevertrou is. Terwyl ons hierdie roeping met genade en liefde uitleef, weerspieël ons God se liefde en sy ontwerp vir moederskap aan die volgende geslag. Ons lewens word 'n bewys van die genade en seëninge wat voortvloei uit ‘n lewe volgens God se wil.

Ek weet dis moeilik om kinders in vandag se wêreld groot te maak, so hou styf vas aan hierdie waarheid. Dink aan jouself as die tuinier van jou kinders se harte. Jy maak nie net kinders groot nie. Jy koester siele, vorm karakters en laat 'n nalatenskap na wat tot in die ewigheid eggo. Jy plant saadjies van liefde, geloof en wysheid in die tuin van hulle harte. Terwyl jy die sagte grond van jou kinders se harte liefhet, koester, dissiplineer en bewerk, neem jy deel aan God se grootse ontwerp en gehoorsaam jy sy opdrag: "Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit" (Genesis 1:28).

Liewe vriendin, moet nooit vergeet dat jy belangrik is nie. Wat jy doen maak saak vandag en vir ewig.

Aanvaar hierdie roeping met jou hele hart. Laat die liefde van God deur jou vloei terwyl jy jou kinders deur die jare lei. Ek weet die dae is lank, maar die jare is so kort. Jou invloed in jou kinders se lewens is deurslaggewend. Jy leer hulle van God se liefde en genade en help hulle om ook te sien dat God planne vir hulle lewens het. Voordat jy dit weet, sal die tyd aanbreek om hulle uit te stuur in die wêreld, gewapen met die liefde en wysheid van God wat jy deur jou lewenswyse in hulle karakter vasgelê het.

Jy is in beheer, liewe vriendin! Hoe weet ek dit? Want ek weet dat God jou in sy hande hou. Leun op Hom op jou goeie en slegte dae. Moenie na die leuens van ons vyand luister nie. Om perfek te wees is nie die doel nie. Om kinders groot te maak wat ‘n liefde vir God het, is.

Gebed

Liewe Heer, dankie vir hierdie ongelooflike voorreg om die volgende geslag te help grootmaak om U te ken, lief te hê en te dien.

Vraag

Hoe kan jy die sagte grond van jou kinders se harte bewerk en koester om hulle te help groei in hulle liefde en begrip vir God se ontwerp en doel vir hulle lewens?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid