Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 6 VAN 43

Ons Hoogste Roeping – Verheerlik God deur Ons Lewens

Lees: Kolossense 3:12-17

SOAP: Kolossense 3:16-17

"Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom."

Oordenking

Liewe vriendin, die Woord van God behoort ‘n invloed te hê op elke terrein van ons lewens. Dit moet ons lei, vertroos en raad gee. Dit is tussen die bladsye van die Skrif waar ons die krag vandaan kry om bokant die alledaagse uit te styg en ‘n hoër doel vind. Ons is elkeen ‘n werktuig van sy liefde, geroep om God deur die ritmes van ons dae te verheerlik en hoe ons ander na Jesus toe wys.

Of jy biddend oor jou slapende kind fluister, wysheid met ‘n onwillige tiener deel, of net wasgoed opvou terwyl jy met ‘n vriendin gesels, weet dat hierdie oomblikke heilig is. Ons alledaagse dade word met ewigheidswaarde deurdrenk wanneer dit uit liefde vir die Here gedoen word.

Wat so pragtig is omtrent hierdie roeping is dat dit nie verstommende prestasies vereis nie, maar net getrouheid in die klein dingetjies. Jesus skep behae in die eenvoud van ‘n rustige lewe wat doelgerig geleef word. Wanneer ons ons gewone dae aan Hom toewy, kan ons eenvoudige oomblikke evangelie-gesentreerd word, en ons gewone roetines redes om te aanbid.

Laat ons deur ons woorde en dade vir Hom leef en ons geliefdes koester, vryelik vergewe en vreugdevol dien. Mag ons na elke dag kyk as ‘n skilderdoek vir sy eer en dit verf met die helder kleure van sy liefde en genade. Ons lewens is sy pragtigste meesterstukke.

Gebed

Dierbare Jesus, in die stilte van hierdie oomblik vra ek vir die genade om ‘n lewe te lei wat U verheerlik in alles wat ek doen. Laat my lewe ‘n getuienis wees van u onfeilbare liefde. Amen.

Vraag

Hoe kan jy God se heerlikheid weerspieël in die eenvoudige, alledaagse take wat vandag aan jou toevertrou is?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid