Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 11 VAN 43

Wees Lief vir God

Lees: 1 Johannes 4:20-5:4

SOAP: 1 Johannes 5:3

"Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie."

Oordenking

Liewe vriendin, ons word geroep om God lief te hê met ons hele lewe en alles daarin. Wanneer ons kies om gehoorsaam aan God te lewe, wys dit dat ons Hom liefhet. Gehoorsaamheid wat gemotiveer word deur liefde is die doelwit. Ons het lief omdat Jesus ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Ons kan ‘n lewe van liefde aan ons kinders oordra, wat beteken om volkome aan Christus oorgegee te wees.

Vandat ons wakker word totdat ons ons kop op ons kussing neerlê, getuig ons lewens van ‘n nimmereindigende, vir altyd en ewige liefde van ons Hemelse Vader. Maak geen fout nie, ons word geroep om God se liefde te modelleer en ons kinders te leer wat dit beteken om God lief te hê. Ons doen dit deur te kies om Hom te gehoorsaam.

Wanneer ons kies om God in ons daaglikse handel en wandel lief te hê, nooi ons sy teenwoordigheid in die gewone en die buitengewone in. Ons moet nooit vergeet dat ons kinders ons dophou nie. Soos hulle groter word, leer hulle om op dieselfde liefdeswysie vir hulle Skepper te dans wat ons eers geneurie het.

Hierdie liefde vir God is ons kosbaarste nalatenskap, kosbaarder as goud. Dit is die stilte in die nag wanneer ons vrese laat bedaar en die vreugde soggens wanneer sy ontferming nuut is. Ons liefde vir God word die bloudruk van ‘n lewe wat goed geleef word, en graveer sy waarhede in ons kinders se harte.

Soos ons elke dag aangryp, kom ons weef elke taak wat ons verrig, elke vriendelike woord en elke omhelsing, met liefde. Want deur God lief te hê, weerspieël ons sy hart aan die wêreld, veral aan ons kinders, wat eerstens leer deur ons liefde te ontvang.

Gebed

Liewe Jesus, vul my hart tot oorlopens toe met liefde vir U wat elke terrein van my lewe aanraak. Mag my liefde vir U duidelik sigbaar wees, sodat my kinders daaruit leer om U te soek, om U te koester en U met hulle hele hart lief te hê. Amen.

Vraag

Op watter manier kan jy jou liefde vir God demonstreer dat dit ‘n blywende indruk op jou kinders sal laat?

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid