Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 13 VAN 43

Om God te Eer

Lees: 1 Korintiërs 10:23-11:1

SOAP: 1 Korintiërs 10:31

"Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God."

Oordenking

Liewe vriendin, neem ‘n oomblik om te besin oor jou denke en optrede vandag. Waarop was dit gefokus: jouself, jou kinders, jou doenlys, jou finansies en dies meer? Stel jou voor as jou dae alleenlik op God gefokus was. Klink idillies, né? Dit kan so wees. Ja, om aan ons gesinne te dink en dinge vir hulle te doen is uiters belangrik. Vir die Christen is die ware dryfkrag om te lewe om lof en eer aan God te bring en om ons hele lewe aan Hom te wy. Dit is wat 1 Korintiërs 10 ons aanmoedig om te doen. Hierdie vers gaan nie net oor die groot oomblikke nie, maar ook oor die kleintjies. Dit gaan oor hoe ons elke gewone dag leef, om ons alledaagse dade om te sit in buitengewone offers aan God.

In die kombuis, by die kantoor, in die ry om jou kinders by die skool af te laai – elke plek bied ‘n geleentheid om Hom te vereer. Wanneer ons ons fokus wegdraai van die dinge van die wêreld en na God kyk, kan ons die mense en dinge rondom ons liefhê, dien en versorg soos ons moet. Wanneer ons vriendelik praat, in liefde dien en met integriteit optree, skets ons ‘n prentjie aan die wêreld van God se genade en liefde.

Dit is in die geduld wat jy toon wanneer jou kleintjie vir die hoeveelste keer vra “hoekom?” Dit is in die sagte woorde wat jy vir ‘n vriendin aanbied wat seer het en in nood verkeer. Dit is in die manier waarop ons omsien na ons huise, liggame, gesinne en verhoudings. Hierdie oënskynlik eentonige dade is heilige geleenthede om sy heerlikheid te weerspieël aan ‘n wêreld wat ons dophou, wetend dat ons vir hulle ‘n kykie gee in die oorvloedige liefde en lewe wat in Christus gevind word.

Moenie hierdie alledaagse oomblikke geringskat nie. Beskou eerder jou daaglikse geleenthede deur die lens van God se heerlikheid. Hetsy dit is om woorde te kies om ander op te bou eerder as af te breek, of om te kyk hoe ons liefde aan diegene om ons kan betoon, elke optrede kan ‘n daad van aanbidding en ‘n getuienis van sy onfeilbare liefde word.

Soos ons daarna streef om Hom in alles wat ons doen te verheerlik, onthou — hoewel ons dit dalk nie perfek doen nie — ons steeds doelgerig, met genade en ‘n hart wat opreg begeer om God te eer, kan leef.

Gebed

Liewe Jesus, help my om elke oomblik van my dag te sien as ‘n geleentheid om U te vereer. Lei my in my dade, woorde en gedagtes sodat dit alles u Naam verheerlik. Leer my om vreugde te vind deur U in alle dinge, groot en klein, te dien. Amen.

Vraag

Wat is een terrein van jou daaglikse lewe waarin jy God se heerlikheid meer doelgerig kan weerspieël?

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid