Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 12 VAN 43

Om God te dien

Lees:1 Petrus 4:7-11, Markus 10:45

SOAP:1 Petrus 4:11

"As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen."

Oordenking

Liewe vriendin, God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het om diegene met wie Hy jou geseën het, te dien. Leun op Hom. Dit is normaal om moeg te voel. Dit is normaal om oorweldig te voel. Moet nooit vergeet dat jy God dien en dat Hy vir jou sal gee wat jy nodig het nie. Die doel van ons lewens is om God te verheerlik. Jy kan dit doen net daar waar jy is, in jou huis, met jou kinders, in die normale alledaagse oomblikke van jou lewe. Jy kan dit selfs te midde van moeilike tye doen wanneer jy wonder of jy ‘n goeie ma is. Jy kan gaan stilstaan en erken wie God is, dat Hy die almagtige, liefdevolle en deernisvolle Skepper is. Jy kan vir Hom vra om vir jou krag, geduld, nederigheid en genade vir so ‘n oomblik te gee. Waar God jou ook al geplaas het, is waar God jou kan gebruik.

Jesus het dit so mooi vir ons gemodelleer met hoe hy die twaalf dissipels onderrig het. Hy het hierdie mans in liefde gedien en hulle geleer hoe om ander mense se harte aan te raak met die waarheid van die evangelie. Ons beïnvloed ons kinders se lewens deur tyd saam met hulle deur te bring en hulle dag na dag te dien. As ek wil hê dat my kinders oop moet wees vir my woorde van wysheid en insig soos hul ouer word, moet ek bereid wees om tyd saam met hulle te deur te bring en hulle te dien terwyl hulle klein is. Jesus het nie net een keer per week saam met die dissipels vergader nie; Hy het dag in en dag uit saam met hulle geleef. En sodoende het Hy vir hulle gewys hoe om God met hul lewens te verheerlik.

Gebed

Liewe Jesus, herinner my gedurende my daaglikse take om met u krag te dien. Help my om die skoonheid en doel in my rol as ma te sien. Mag my woorde en dade U verheerlik en mag my huis ‘n plek wees waar u liefde aangevoel word. Amen.

Vraag

Hoe kan jy jou daaglikse take as ‘n ma gebruik om God te dien en sy liefde vandag teenoor jou gesin te weerspieël?

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid