Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 17 VAN 43

Week 3 - Kinders

Liefdevolle Hande

Lees: Matteus 19:13-15

SOAP: Matteus 19:13-14

"Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”

Oordenking

Liewe vriendin, ek hou daarvan dat Jesus sy hande op die kinders gelê het terwyl Hy vir hulle gebid het. Ons weet uit navorsing hoe uiters belangrik dit vir kinders se ontwikkeling is om fisieke aanraking te hê. Selfs toe ander nie kinders waardeer het nie, het Jesus dit gedoen. Hy het tyd in sy dag ingeruim om seker te maak dat hulle gesien en gehoor word en geliefd voel. Hy het voor hulle en met ander oor hulle waarde en belangrikheid gepraat. Hy het hulle op sy skoot laat sit en seker gemaak hulle weet dat hulle waardevol is. Sy sagte aanraking en liefdevolle omhelsing was nie net eenvoudige gebare nie. Dit was diepgaande verklarings van liefde en waarde.

Jesus het geweet hoe belangrik 'n liefdevolle aanraking is en die krag wat dit het om te genees, te vertroos en te seën.

In ons haastige lewens kan ons soveel uit hierdie oomblik leer. Net soos Jesus tyd geneem het om by die kinders teenwoordig te wees, na hulle te luister en hulle te seën, word ons ook geroep om dieselfde liefde en aandag te betoon. Of dit nou ons eie kinders is, of ander wat God op ons pad plaas, ons het die geleentheid om die hande van Jesus te wees en 'n aanraking te bied wat sê: “Jy is geliefd. Jy word gewaardeer, en jy behoort.”

Geïnspireer deur Jesus se voorbeeld, laat ons onthou dat elke kind kosbaar is in sy oë. In ons interaksies, hetsy met 'n sagte aanraking, 'n vriendelike woord of 'n luisterende oor, laat ons dieselfde liefde en waarde oordra wat Jesus getoon het.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir u voorbeeld van liefde en sagmoedigheid met kinders. Help my om sigbaar vorm te gee aan daardie selfde liefde en geduld om die betekenis en waarde van elke kind te sien en om u liefde uit te druk deur my dade en woorde. Amen.

Vraag

Hoe kan jy vandag Jesus se liefdevolle aandag en bekragtiging weerspieël in jou interaksies met kinders?

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid