Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 18 VAN 43

Liefdevolle Woorde

Lees: Efesiërs 4:29-32; Spreuke 18:21; Spreuke 10:19

SOAP: Efesiërs 4:29

"Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom."

Oordenking

Liewe vriendin, ons woorde dra die gewig van lewe of dood. Hulle het die krag om op te hef, te genees en te bemoedig, net soos hulle die krag het om te verwond en te vernietig.

Ek het eenkeer gehoor dat ons elke woord wat ons praat as 'n baksteen moet sien. Gebruik jy jou woorde om 'n veilige hawe van aanmoediging en liefde te bou of skep jy onopsetlik mure van seer en twyfel? Onthou, ons kinders leer om na God se sagte fluisteringe van liefde te luister deur eers ons sagte woorde te hoor.

Ek hou van hoe Jesus, ons perfekte voorbeeld, woorde gebruik het om op te hef, te genees en te herstel. Kom laat ons, as sy volgelinge, dieselfde genade en bemoediging in ons woorde weerspieël. Ons moet met ons kinders praat, nie net ter wille van die hede nie, maar ook ter wille van hulle toekoms. Ons woorde moet 'n strelende balsem wees op hul uitdagende dae, 'n vaste anker in hul storms, wat hulle herinner aan wie hulle in Christus is. Mag ons woorde ons kinders voortdurend wys na die uiteindelike Geneser, Redder en Verlosser.

Ek weet die wêreld waarin ons leef kan hard wees, maar ons woorde hoef nie te wees nie. In plaas daarvan kan ons woorde 'n heiligdom van vrede, geloof en versekering wees.

Onthou, geen ma is perfek wat dit betref nie. Ons almal maak van tyd tot tyd foute. En in daardie oomblikke van frustrasie of moegheid wanneer jy iets sê wat jy nie moes gesê het nie, vra God, en jou kind, om vergifnis. Bid dan en vra die Here om jou te help om jou spraak te bewaar en jou te help om volgende keer woorde te spreek wat opbou.

Gebed

Liewe Jesus, lei my woorde om weerspieëlings van u liefde en genade te wees. Help my om woorde te gebruik wat opbou, aanmoedig en u waarheid en liefde oordra aan diegene rondom my, veral my kinders. Mag my woorde vir hulle 'n bron van vertroosting en krag wees. Amen.

Vraag

Wat is 'n paar lewegewende woorde wat jy vandag vir jou kinders of geliefdes kan sê om hulle aan te moedig en op te bou in hul geloof en lewe?

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid