Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 10 VAN 43

Week 2- God

Vertrou God

Lees: Spreuke 3:1-12

SOAP: Spreuke 3:5-6

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."

Oordenking

Liewe vriendin, ek weet dit kan soms moeilik wees om op God te vertrou. Vanuit ons beperkte perspektief kan ons lewens deurmekaar lyk. Waar ons los drade en botsende patrone sien, sien Hy ‘n pragtige tapisserie in wording. As ma’s is ons ons kinders se wewers van geloof. Ons het die voorreg om vir hulle te wys hoe om die Meesterwewer te vertrou al is die ontwerp onduidelik en lyk dit of niks bymekaar pas nie.

Om God te vertrou beteken om hand aan hand saam met Hom die onbekende in te stap en te vertrou dat Hy die pad ken. Dit is om God se karakter te ken en oor te gee aan die sekerheid van sy liefde oor die onsekerheid van ons omstandighede. Dit beteken nie ons het al die antwoorde nie — dit beteken om die Een wat die antwoorde het, te vertrou.

Partykeer kom ons kinders met vrae na ons toe op soek na verduidelikings wat ons nie kan gee nie. Op sulke tye kan ons vir hulle daarop wys hoe mooi dit is om te vertrou en te bid. Deur op God staat te maak, kan ons hulle wys dat selfs wanneer ons nie verstaan nie, ons geloof vas kan staan.

Ons vertroue op God is ‘n nalatenskap wat ons oordra, ‘n erfenis ryker as enige aardse skat. Dit is die stille krag wat ons standvastig maak wanneer die lewe wankelrig voel, asook die anker vir ons siele in die voortdurend veranderende getye wat op die kus van ons lewe uitspoel.

Mag ons onthou, soos ons ons kinders lei, dat ons begrip maar ‘n druppel in die oseaan van God se wysheid is. Hy sien ons lewens as geheel; die begin en einde, en elke kinkel en draai tussenin. Ons kan Hom vertrou as gevolg van Wie Hy is, en Hy is goed.

Gebed

Liewe Jesus, laat my lewe ‘n weerspieëling wees van ‘n hart wat U geheel en al vertrou. Wanneer vrae opduik en die antwoorde ontbreek, help my om ‘n onwrikbare vertroue te demonstreer waaruit my kinders kan leer om na U, die Begin en Voleinder van ons geloof te kyk. Amen.

Vraag

In watter areas van jou lewe kan jy jou vertroue in God verdiep sodat jou geloof tot voorbeeld vir jou gesin kan wees?

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid