Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 5 VAN 43

Bly in Christus - 'n Moeder in die Woord van God

Lees: Johannes 15:1-17, Psalm 119:105

SOAP: Johannes 15:4-5

"Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie."

Oordenking

Liewe vriendin, jy is nie geroep om ouerskap alleen aan te pak nie. Dit is dalk vir jou ‘n eerste ervaring, maar nie vir God nie. Moederskap is 'n reis gevul met vreugde, uitdagings en eindelose liefde. Te midde van besige dae en slapelose nagte, fluister God saggies in ons harte en herinner ons daaraan dat ons nie alleen is in hierdie heilige roeping nie.

Ons kan nie vergeet dat as lote wat aan die Wingerdstok verbind is, ons krag en wysheid direk uit Jesus vloei nie. Sy Woord is ons lewenslyn, wat leiding, vertroosting en genade verskaf wat ons nodig het om die kosbare siele wat aan ons sorg toevertrou is, te koester. Wanneer verantwoordelikheid swaar op ons druk en twyfel insluip, onthou dat ons vermoë om vrugte te dra nie uit onsself is nie, maar uit die feit dat ons aan Christus verbind bly. Sonder Hom kan ons niks doen nie.

God ken elkeen van ons kinders, hul unieke persoonlikhede en spesifieke behoeftes. Hy het ons toegerus met sy liefde en wysheid. Ons leer daagliks om sy leiding te vertrou in ons ouerskapsreis. In sy teenwoordigheid kan ons meer word soos Jesus terwyl ons vir ons kinders demonstreer hoe 'n volgeling van Christus lyk. Dit stel ons in staat om 'n atmosfeer in die huis te kweek waar ons kinders kan floreer en groei in hul liefde vir die Here.

So, liewe vriendin, laat ons ons daartoe verbind om onsself in die Woord van God te verdiep, toe te laat dat sy waarheid ons harte en gedagtes vorm en ons dade rig. Dit is hier waar lewe werklik gevind word.

Gebed

Liewe Heer, help my asseblief om daagliks te kies om in U te bly en my krag en wysheid van U te put op my reis van moederskap.

Vraag

Hoe kan jy doelbewuste tyd in jou dag inruim om in Christus te bly, sodat sy Woord jou ouerskap kan vorm?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid