Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 4 VAN 43

Ons Identiteit is in Christus

Lees: 1 Petrus 2:4-12

SOAP: 1 Petrus 2:9

"Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig".

Oordenking

Liewe vriendin, ek weet dat dit in die harwar van moederskap maklik is om te vergeet wie ons werklik is. Ons elkeen het baie rolle: chauffeur, sjef, bemoediger, verpleegster, bemiddelaar ... die lys gaan aan. Maar jou mees diepgaande identiteit lê nie in hierdie daaglikse take nie, maar in aan wie jy behoort.

Moet nooit vergeet dat jy deur die Koning van alle konings gekies en afgesonder is vir 'n lewe van doelgerigtheid nie. In die warrelwind van doeke en spertye, huiswerk en hartsgesprekke, weet dat jy 'n dogter van die Allerhoogste is. Jou waarde is nie gekoppel aan die prestasie van jou ouerskap nie, maar is verseker in Christus. Jy is geliefd en met die hand uitgesoek deur God.

As ’n koninklike priesterdom is jou huis jou belangrikste bediening en jou moederskap ’n hoë roeping. Met elke verhaal wat gelees word, elke geskraapte knie wat gesoen word en elke gebed wat in die nag gebid word, skyn die liefde van Jesus deur jou. Jy is kosbaar in sy oë, van onskatbare waarde en diep geliefd. Jy is gekies vir hierdie ongelooflike taak.

Onthou, die nalatenskap wat jy bou is nie net in die dinge wat jy vir jou kinders doen nie; dis in die gefluisterde verklarings wat hulle daaraan herinner dat hulle aan Hom behoort. Omhels hierdie edele roeping. Sy lig skyn deur jou en verlig die pad vir die volgende geslag.

Jy word uitgenooi om by God aan te sluit vir hierdie verlossende missie, om siele te help vorm en harte in lyn met sy liefde te bring. Jou identiteit is stewig gewortel, nie in die vlietende oomblikke nie, maar in die ewige omhelsing van ons Verlosser.

Jy is nie net 'n ma nie. Jy is 'n draer van sy lig, 'n baken van sy liefde vir jou gesin en verder. Wees vasberade, liewe vriendin. Wandel in nederigheid en in die waarheid van wie jy is — Syne.

Gebed

Liewe Heer, herinner my asseblief daagliks daaraan dat my ware identiteit in U gevind word. Help my om my rol as moeder te beklee met die genade en krag wat my deel is as u uitverkore dogter. Mag my kinders u liefde deur my lewe ervaar.

Vraag

Hoe kan die aanvaarding van jou identiteit in Christus vandag die manier waarop jy moederskap benader, verander?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid