Leesplan inligting

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 7 VAN 43

‘n Moeder wat Bid

Lees: Efesiërs 1:15-23

SOAP: Efesiërs 1:16-19

"Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo."

Oordenking

Liewe vriendin, een van die ritmes van my gesin is dat ek elke aand my drie dogters afsonderlik in die bed sit en vir hulle bid. Ek doen dit al vandat hulle babas was, en twee van die drie is nou tieners. Party aande is die gebede meer persoonlik op elkeen gerig en langer. Ander aande is die gebede meer algemeen en korter.

Maar kom ons wees eerlik. Party aande is ek net doodmoeg. Gebed word ‘n doelbewuste keuse, veral soos ek ouer word en vroeër in die aand moeg word. Tog besef ek hoeveel my dogters die persoonlike een-tot-een-tyd saam met my geniet om my van hulle dag te vertel. In daardie alledaagse oomblikke voel hulle dat hulle gehoor en gewaardeer word.

Nadat ek op die hoogte gebring is omtrent hulle dag, bid ek hardop vir hulle. Ek glo dit is belangrik dat ons kinders ons gebede hoor en om te weet dat ons vir hulle bid en geestelik vir hulle veg. My gebede wissel van persoonlike tot onpersoonlike en groot tot klein kwessies. Ek bid vir hul beskerming en dat wysheid in hulle lewens sal toeneem. Ek bid vir hulle vriende, ons gesin en ons leiers. As daar belangrike gebeure plaaslik of regoor die wêreld plaasvind, bid ek ook daarvoor. Ongeag die onderwerp, ek wil hê my kinders moet weet dat alle kwessies by die Here se luisterende ore uitkom. Dit is ‘n voorreg om met danksegging, belydenis, smeking en aanbidding voor ons Hemelse Vader te kom. Geen gebedsversoek is te groot of te klein vir Hom nie. Hy gee vir alles om en is in beheer van alles.

Gebed

Liewe Here Jesus, help my om my kinders te leer hoe belangrik gebed is. Help hulle om die krag van gebed te besef. Mag ons U sien deur die manier waarop ons bid en deur die wyses waarop U gebede beantwoord. Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees. Amen.

Vraag

Wat is 'n paar maniere waarop jy vir jou kinders kan begin bid?

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid