Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 14 VAN 14

 

God se Oplossing vir Eensaamheid

“Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee ... ” (2 Timoteus 4:17a).

Die Bybel moedig ons aan om verskillende opsies te oorweeg wanneer ons met eensaamheid worstel:

Eerstens, fokus op die behoeftes van ander. Ons kan kies om op ander mense te fokus in plaas daarvan om selfgesentreerd te wees. Ons kan na maniere soek om vir hulle tot diens te wees. Die apostel Paulus het daarop gekonsentreer om meer mense van Jesus te vertel: “Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor” (2 Timoteus 4:17a).

Tweedens, fokus op jou doel. Selfs toe Paulus afgesonder en alleen in 'n tronk was, het hy nie opgehou om sy doel in die lewe na te streef nie. Hy het voortgegaan om mense van Jesus te vertel. Selfs toe hy in Rome onder huisarres was, het hy baie van die sendbriewe geskryf wat nou deel van die Nuwe Testament is.

Derdens, fokus daarop om ander te ondersteun. In plaas daarvan om te dink: “Ek is so eensaam” sê liewer: “Vader, help my asseblief om 'n vriend vir mense te wees wat 'n vriend nodig het. Help my om eensame mense te help.” Dit is 'n baie doeltreffende teenmiddel vir eensaamheid.

Jy kan ander help om 'n betekenisvolle verhouding te hê deur jouself aan hulle as geskenk te gee.

 

 

Luister na klankonderrig

 

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com