Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 11 VAN 14

 

Wat is Jou Noodplan vir Versoeking?

“Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug” (1 Timoteus 6:11a).

Ons het 'n paar weke gelede oor versoeking gepraat. Ek wil vandag met hierdie onderwerp voortgaan.

Ons het 'n noodplan vir versoeking nodig.

Die Bybel sê ons moet vinnig wegbeweeg van enige situasie wat ons in versoeking kan bring. Dit beteken dat ons voorkomende maatreëls instel om ons teen versoeking te beskerm. Ons het ook 'n noodplan nodig — 'n noodknoppie — vir die tye wat ons in 'n onverwagte situasie beland waarin ons versoek word. Byvoorbeeld, jy staan voor die televisiestel en skielik is daar tonele wat jou in versoeking bring. Wat doen jy?

Die Bybel sê jy hardloop weg.

In 1 Timoteus 6:11a sê die Bybel vir ons: "Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug.”

Jy moet wegvlug. Dit kan 'n versoeking wees om in 'n sakestransaksie te kul. Die versoeking kan seksueel van aard wees. Jou reaksie moet dieselfde wees: hardloop weg. Moet nooit met 'n versoeking onderhandel nie. Jy gaan altyd verloor. Emosies gaan oorneem en emosies is nie logies nie.

Lank gelede, toe ek nog 'n jeug prediker was, het ek altyd vir kinders gesê: "Moenie op die agtersitplek van 'n motor besluit jy gaan seksueel rein bly en jouself vir die huwelik spaar nie.” Jy moes dit baie vroeër al besluit het, voordat jy jouself in hierdie situasie bevind het. Op die agtersitplek van 'n motor gaan jy beheer word deur jou hormone en nie jou beginsels nie. Hormone gaan die oorhand kry en jy gaan oorweldig word.

Staan asseblief vandag tyd af om 'n noodplan in te stel vir die tye wanneer jy in versoeking kom. Moenie probeer om versoeking te weerstaan nie. Vervang dit. Vlug weg. Verander die kanaal op die televisie. Kom weg uit die situasie. Dit is die eenvoudigste en maklikste manier.

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com