Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
Wanneer Jy Kwaad Is, Kalmeer, Haal Asem en Dink
“My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie” (Jakobus 1:19).
Ons kan onsself tot 'n groot mate vrywaar van pyn en hartseer as ons net hierdie eenvoudige reël toepas: Wanneer ons seergemaak voel en kwaad is, kalmeer.
Die Bybel leer ons: “ ... elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie” (Jakobus 1:19b).
Tog doen ons gewoonlik presies die teenoorgestelde. Ons is vinnig om te praat, stadig om te luister en blitsvinnig om kwaad te word. Dit is agterstevoor! Doen die eerste twee reg — wees stadig om te praat en vinnig om te luister — dan gaan die laaste gedeelte vanself in plek val. Jy gaan agterkom jy word minder kwaad en dit gebeur nie so outomaties soos voorheen nie.
Daar is 'n belangrike ritme aan hierdie gedagte wat die Bybel oor en oor herhaal. Byvoorbeeld:
• Spreuke 14:29: “'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.”
• Spreuke 15:28: “'n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge.”
• Spreuke 15:18: “'n Humeurige mens soek skoor; 'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld."
Hoe kan jy kalmeer voor jy jou humeur verloor? Oorweeg hierdie vyf vrae voor jy iets sê:
• Gaan dit wat ek nou sê die situasie aanhelp of die ander party seermaak?
• Gaan dit wat ek wil sê, die waarheid wees?
• Is dit wat ek wil sê opbouend of afbrekend?
• Is dit werklik nodig om te sê wat ek nou wil sê?
• Is dit wat ek wil sê, vriendelik? Sal dit die ander party aanmoedig of ontmoedig?
Dit is nie genoeg om net te kalmeer wanneer jy kwaad is nie. Dit is uiters belangrik om te DINK wat ons volgende gaan sê of doen.
Luister na Klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More