Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
God Gee Elke Dag Geleenthede om Ander te Help
“Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie”(Spreuke 3:27).
Elke dag gee God jou geleenthede om vriendelikheid te betoon aan mense om jou. Dan hou Hy jou dop om te sien of jy op jouself gerig gaan wees en of jy mense om jou gaan raaksien wat 'n bemoedigende woord nodig het, 'n klop op die skouer of hulp nodig het om 'n klein takie gedoen te kry.
Die Bybel leer ons: “Moenie 'n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie” (Spreuke 3:27). Jy gaan nie altyd 'n geleentheid hê om iemand te help nie. As die geleentheid homself dus voordoen, maak dan soos die Nike slagspreuk sê: Doen dit net! Daar is heel waarskynlik mense in jou lewe aan wie jy gedink het om te help. Jy het die beste voornemens, maar jy het tot nou nog niks gedoen nie. Hoekom nie?
Jy het nie onmiddellik opgetree nie.
Ons maak verskonings. Een wat die meeste gebruik word: “Ek gaan dit doen wanneer dinge bietjie rustiger is.” Raai wat? Dinge gaan nooit rustiger raak nie. As jy iets goed in jou lewe wil doen, is dit NOU die tyd. Die Bybel leer ons: “Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie” (Prediker 11:4).
Doen nou goed aan ander, want môre is nie gewaarborg nie.
Jesus sê: “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie” (Johannes 9:4).
God het aan ons almal take opgedra wat ons in ons leeftyd moet afhandel. Intussen gaan ons lewens verby. Moenie wag vir die volmaakte omstandighede of perfekte tyd nie; wees elke dag op die uitkyk vir die geleenthede wat God vir jou gee om ander te help en te bemoedig.
Luiter na die klankonderrig |
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More