Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
Ongeag Jou Verlede Kan God Jou Gebruik Tot Sy Heerlikheid
“Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk” (Galasiërs 6:4).
Een van die beste maniere om vas te stel hoe God jou in die toekoms wil gebruik, is om te kyk hoe Hy jou in die verlede gebruik het.
God wil nie hê dat jy jou verlede moet vergeet of dit afskryf nie. Hy wil dit gebruik.
Die Bybel leer ons: “Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk” (Galasiërs 6:4).
Dit gaan nie oor wat jou ouers goed doen nie. Dit gaan nie oor wat jou huweliksmaat goed doen nie. Die Bybel sê ons moet ons eie gedrag ondersoek.
Hoe doen jy dit? Volg hierdie maklike oefening wat jou kan help.
Sit hierdie week 30 minute opsy. Neem 'n stuk papier en verdeel dit met lyne tussen elke 10 jaar van jou lewe. Probeer om 'n bestek opname van jou lewe te maak en skryf dit dan in elke 10 jaar spasie. Ondersoek hierna jou optrede in elkeen van daardie periodes.
Waarmee was jy goed in elk van daardie 10 jaar periodes in jou lewe? Wat het jy geniet om te doen? Beide is belangrik.
Kyk na tendense wat voorkom. As jy goed met iets was toe jy jonger was, is jy heel waarskynlik steeds goed daarmee.
Gebruik dit wat jy van jouself geleer het om te verstaan wat God deur jou wil doen.
Luister na klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More