Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
Uitgestelde Gehoorsaamheid is Ongehoorsaamheid
“Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou” (Psalm 119:60).
Die Bybel is vol instruksies hoe om te lewe. Hulle word die opdragte van God genoem. Hy verwag van ons om onmiddellik sy opdragte uit te voer.
Stel jou voor 'n ouer sê vir 'n kind om iets te doen en die kind sê: "Ek sal daaroor dink.”
Gaan daar nie gevolge wees nie?
Tog doen ons dit gedurig aan God. God sê ons moet iets doen en dan sê ons: “Ek sal daaroor dink.”
Ons het egter nie daardie soort gesag nie. Dit verskil geensins van 'n kind wat vir 'n ouer sê: "Ek sal daaroor dink" nie. Wanneer die Skepper van die heelal vir ons opdrag gee om iets te doen, verwag Hy dat ons dit doen — onmiddellik. Elke ouer weet dat uitgestelde gehoorsaamheid eintlik ongehoorsaamheid is.
Die Bybel leer ons: “Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou” (Psalm 119:60).
Watter opdrag het God jou dus gegee om uit te voer waarmee jy nog nie begin het nie? Waarvoor wag jy? God dra jou belange op die hart. Gaan voort en doen wat Hy jou beveel het om te doen.
Luister na die klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More