Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
Niemand Anders Kon Jou Gemaak Het Wie Jy Is Nie
“U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder" (Psalm 139:13).
God het elke liewe dag van jou lewe beplan. Nog voor jou eerste asemteug het God presies geweet hoe jou lewe gaan verloop — elke dag.
Lank voor jy deur jou ouers verwek is, is jy verwek in die gedagtes van God. Dit is nie noodlot, toeval of geluk dat jy op hierdie oomblik asemhaal nie.
Jy lewe op hierdie oomblik omdat God wil hê dat jy — met al jou sterk- en swakpunte, al jou goeie en slegte eienskappe — moet lewe.
Of jou ouers goed, sleg of onverskillig was, God het hulle gebruik omdat hulle net die regte DNS gehad het wat nodig was om jou te skep. God wou jou lewendig gehad het. Van die begin van alle tye af, het God 'n plan vir jou lewe gehad — en jy het 'n roeping wat Hy wil hê jy moet vervul.
Niemand anders kon jou gemaak het om jý te wees nie.
In die Bybel staan geskrywe: “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is” (Psalm 139:13-16).
God was intiem betrokke by jou geboorte. Hy het jou toe liefgehad en Hy sal jou vir ewig liefhê. Jou ouers het 'n bydrae gelewer vir jou DNS, maar God het jou geskape. Jy was nie net nog 'n baba wat gebore is nie. God het jou geboorte persoonlik beplan.
Jy is God se meesterstuk. Hy het jou vir 'n rede gemaak: om sy doelwitte in hierdie wêreld te vervul.
Luister na klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More