Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
God se Plan Vir Jou Het Begin Nog Voor Jy Gebore Is
“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel” (Jeremia 1:5).
As jy 'n doelgerigte en betekenisvolle lewe wil hê moet jy jou Godgegewe talente ten volle benut. Doen meer van dit waarmee jy goed is en minder van dit waarmee jy nie so goed vaar nie.
Jy is 'n unieke skepsel van God en Hy het jou vir 'n unieke doel geskape. In die Bybel lees ons: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel” (Jeremia 1:5).
Dit maak nie saak wat met jou gebeur nie. Jy kan berus in die waarheid dat God heilige planne vir jou het. Hy het jou vooraf gevorm vir sy planne met jou. God se planne vir jou het Hy nie eers uitgedink toe jy gebore is nie. Daardie planne het Hy al gemaak nog voor jou geboorte. Die Bybel leer ons dat Hy jou in die moederskoot gevorm het.
Hier is die beste gedeelte. Die manier hoe God jou gevorm het, openbaar hoe Hy jou wil gebruik. Met ander woorde, as jy wil vasstel wat jy veronderstel is om met jou lewe te doen, moet jy baie diep na binne kyk hoe God jou gevorm het.
Jou VORM — die geestelike gawes, hart, vermoëns, persoonlikheid en ervarings wat God jou gegee het — openbaar jou doel. Maak tyd om jou doel te ontdek en baseer dit op hoe God jou gevorm het.
Luister na klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More