Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 6 VAN 14

 

Is Die Christendom Die Moeite Werd?

“Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?” (Matteus 16:26).

Paulus sê vir ons in 1 Korintiërs 15:19: “As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense."

Hoekom sê Paulus dit? Dit is nie maklik om vir Christus te lewe in 'n wêreld wat Hom nie ken of Hom liefhet nie.

Hier is een van die belangrikste vrae wat jy ooit sal antwoord: Is die Christendom die moeite werd?

Alles in die lewe het 'n koste. Wanneer jy vir iets ja sê, is daar iets anders waarvoor jy nee sê. Is die ewige lewe wat jy wen deur in Jesus te glo en Hom te volg, die prys werd wat jy hier op aarde daarvoor betaal?

In Matteus 16:26 sê Jesus: “Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?”

Party mense verkoop hulle siele vir wêreldse dinge — soos geld, roem en materialisme. Jou siel is soveel meer werd as dit.

Paulus het dit besef. Toe Paulus sy getuienis in Filippense 3:7-8 gelewer het, sê hy: “Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry.”

Paulus het besef dat niks — nie status, enige bedrag geld, geen plesier — meer werd is as Jesus nie.

Ons het 'n nuwe definisie van sukses nodig. Egte, betekenisvolle sukses is nie gebaseer op wat ons het, hoe ons lyk en of ons "goed voel" nie. Ware sukses word verkry deur ons lewens te rig volgens God se waardes — en sodoende die grootste prys te wen. Die ewige heerlikheid in die hemel.

 

 

Luister na klankonderrig

 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com