Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 5 VAN 14

 

Versoeking Is Altyd 'n Stryd Tussen Nou en Later

“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Korintiërs 4:18).

Ons evalueer selde ons waardes of bevraagteken ons sieninge totdat ons voor 'n krisis staan. Die oomblik wanneer ons 'n krisis beleef, begin ons ondersoek instel waarop ons lewens gebaseer is. Of dit nou materialisme is, om goed te voel of om goed te lyk. Ons besef instinktief daar moet iets meer wees.

Voordat ons vasgevang word in pyn is dit van uiterste belang om onsself af te vra: Wat het ewigheidswaarde?

Ons kultuur moedig ons aan om presies die teenoorgestelde te doen. Ons samelewing heg waarde aan die hier en nou. Môre is nie belangrik nie. Volgende jaar maak nie saak nie. Die ewigheid en die hemel maak nie saak nie. Leef vir vandag.

Die Bybel leer ons egter iets anders in 1 Johannes 2:17: “En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.”

Dink daaraan wat gebeur wanneer ons versoek word. Versoeking is nie net 'n stryd tussen goed en sleg of wat die beste is of nie.

Versoeking is altyd 'n stryd tussen nou en later. Sal ek nou God se wil doen en die voordele later geniet of gaan ek my eie kop volg en die voordele nou benut?

Ons leer ook in die Bybel: "Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Korintiërs 4:18).

 

 

Luister na die klankonderrig

 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com