Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 4 VAN 14

 

Wat Het Die Hoogste Gesag in Jou Lewe?

“Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” (Jeremia 17:9).

Daar is een diepliggende vraag in die lewe wat bo al die ander uitstaan.

Wat sal die hoogste gesag in jou lewe wees?

Watter bronne in jou lewe gaan jou help om jou waardes te bepaal? Jou ouers? Jou vriende? Miskien jou skool of die boeke wat jy lees? Wat van die rolprente en televisie programme waarna jy kyk of die musiek waarna jy luister?

God laat jou toe om die besluit te neem. Hy het ons 'n vrye wil gegee.

Die meeste van ons opsies wentel af na drie keuses.

Ekself: Ons kan op ons eie instinkte staatmaak om ons te lei. Daaraan is egter 'n probleem verbonde. Studies het bewys dat ons sieninge meer geneig is om verkeerd as reg te wees. Om die waarheid te sê, partykeer jok ons vir onsself. In Jeremia 17:9 lees ons: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?”

Die Wêreld: Ons kan staatmaak op wat ander mense dink om ons waardes te bepaal. Die probleem daarmee is dat die wêreld dikwels waarde heg aan die verkeerde dinge. Byvoorbeeld, die wêreld beklemtoon skoonheid bo karakter. Of die wêreld moedig ons aan om dit wat vir ons goed voel, na te jaag of oortuig ons dat diegene met die meeste besittings die wenners is. Ons word toegegooi met hierdie wêreldse waardes deur verskeie media platforms — tot so 'n groot mate dat dit maklik is om te begin dink dat God ons op hierdie planeet geplaas het om goed te lyk, goed te voel en materialisties te wees. Dit is so ver verwyder van die waarheid!

Die Woord van God: Die Bybel is objektief en waar, in teenstelling met ons eie idees of die wêreld se menings. Die Woord van God sê: “As julle aan my woorde getrou bly ... en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:31-32).

Nadat jy hierdie keuses gelees het, waarna gaan jy kyk om jou waardes te bepaal? Watter een gaan jy kies om die hoogste gesag in jou lewe te hê?

Wat gaan die finale gesag in jou lewe hê?

 

 

Luister na klankonderrig

 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com