Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 3 VAN 14

 

Maak nie Saak Wat Mense Sê nie, God Is By Jou

“Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?” (Psalm 118:6).

Wanneer jy probeer om iets goed en positief in die lewe te doen, gaan jy te doen kry met kritiek. Die doemprofete gaan van jou 'n bespotting maak, gerugte oor jou versprei of jou selfs dreig.

Moenie op die kritiek of doemprofete fokus nie. Moenie op jou probleme fokus nie. Konsentreer op God en sy beloftes. Word 'n belofte persoon.

In 1 Samuel 30:6 lees ons hoe Dawid reageer het toe hy op 'n keer gekritiseer is: “Dawid was in die nood, want die manne het daaraan gedink om hom met klippe dood te gooi. Almal was verbitterd, elkeen oor sy seuns en dogters, en toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God”.

Wanneer jy te doen kry met kritiek of doemprofete, moenie by 'n kollega of 'n vriend daaroor skinder nie. Soek jou krag by God en bid: "Here, ek weet U het my lief. Ek weet U het 'n plan vir my lewe. Ek gaan op U vertrou.”

Dawid verwoord dit so: “Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?” (Psalm 118:6).

Mense hou miskien nie van jou nie, maar dit sal jou nie benadeel nie. Jy het niemand anders se goedkeuring nodig om gelukkig te wees nie. Jy is so gelukkig as wat jy besluit om te wees. Jy het nie 'n ouer se goedkeuring nodig nie. So ook nie die goedkeuring van 'n broer, suster of 'n vriend nie. Die Here is by jou. Jy hoef nie bang te wees nie. Mense het hulle opinies. Maar wat maak dit saak?

Dawid skryf in Psalm 119:11a: “Aan u beloftes hou ek vas ... ”

Dit is wat jy moet doen. Hou op om al die negatiwiteit wat oor jou pad kom in jou gedagtes te versamel. In plaas daarvan, moet jy aan die beloftes van God vashou en vertrou dat Hy presies gaan doen wat Hy gesê het Hy gaan doen.

 

 

Luister na klankonderrig

 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com