Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld
Ons Hoef Nie Ag Te Slaan op Kritici Nie
“Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: 'Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?' Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur” (Nehemia 6:3-4).
Negatiewe mense gaan jou aandag aflei. Jy weet dat God jou 'n belangrike opdrag gegee het. Hierdie doemprofete gaan jou vertel dat jy nie die regte persoon vir die taak is nie. Jy het die verkeerde idee of jy doen dit op die verkeerde manier.
Kyk na Nehemia as 'n voorbeeld. Hy was nie 'n pastoor of 'n priester nie. Hy was 'n sakeman. Israel is deur die Babiloniërs gevange geneem. Die Israeliete was al vir 70 jaar in ballingskap — en toe het die Babiloniërs hulle toegelaat om huis toe te gaan. Jerusalem was egter verwoes en weerloos. Toe kry Nehemia 'n blink gedagte. “Ek gaan my stad herbou en ek gaan begin by die muur om die stad te beskerm.”
Hy het onmiddellike teenstand gekry.
Israel se vyande wou nie gehad het Jerusalem moes beskerm wees nie. Die leiers het besef dat elke geleentheid gepaardgaan met teëstand. Ek het nog nooit iets in my lewe gedoen waarin ek nie teëstand van iemand ondervind het nie. 'n Geleentheid wat gepaardgaan met teëstand is gelyk aan die wil van God.
Nehemia se vyande het alles probeer om te verhoed dat hy die muur rondom Jerusalem herbou. Hulle het bespotting, vals gerugte en dreigemente probeer. Toe niks hiervan vir Nehemia gekeer het nie, het hulle onderhandeling en samesprekings probeer om sy werk te vertraag.
Jou kritici — die doemprofete wat jou wil verhinder om te doen wat God jou geroep het om te doen — gaan dieselfde met jou doen. Hulle gaan 'n bespotting van jou maak, valse gerugte oor jou verkondig en jou selfs dreig in hulle pogings om 'n einde te maak aan die werk wat God wil hê jy moet doen.
In plaas daarvan om voor hulle te swig, reageer soos Nehemia gereageer het.
“Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: 'Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?' Hulle het dieselfde boodskap vier keer gestuur, en elke keer het ek dieselfde antwoord teruggestuur” (Nehemia 6:3-4).
Ons het nie nodig om met doemprofete en negatiewe mense te stry nie. Dit is nie die moeite werd nie. Billy Graham het eenkeer aan my gesê: "Jy kan met 'n vark stoei, maar net een van julle gaan dit geniet." Hy was reg. Indien jy met mense wil redeneer wat negatief is oor wat jy doen, gaan jy net jou tyd mors.
Nehemia het nie wat hy gedoen het, verdedig nie. Jy het ook nie nodig om dit te doen nie. Laat dit met rus in die geloof dat God se werk deur jou lewe hier op aarde openbaar sal word. Daardie dag sal kom.
Luister na klankonderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.
More