Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Lees Lukas 11:1-13
SOAP Lukas 11:9-10
“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”
Oordenking
Jesus se dissipels het Hom gevra hoe om te bid. Hy het vir hulle 'n eenvoudige gebed gegee om te volg en Hy het hulle aangemoedig om voortdurend in gebed na Hom te kom. Hy het vir hulle gewys hoe om God te loof, te vra vir wat hulle nodig het, hulle te bekeer en om beskerming te vra. Ons kan en moet altyd lofprysing en bekering in ons gebede insluit. Soos ons egter in die res van Jesus se instruksies oor gebed sien, is gebed eenvoudig om God te vra vir wat ons nodig het en wil hê. Jesus het 'n man wie se vriend in nood was, beskryf. Die man wou nie opstaan en vir sy vriend gee waarvoor hy gevra het nie, maar hy het dit tog uiteindelik gedoen, omdat sy vriend volhard het om te vra. Anders as die man in die gelykenis, is God nie huiwerig om ons hulpkrete te hoor nie; Hy is volkome liefdevol en ongelooflik genadig. Ons hoef Hom nooit te oortuig dat ons goed, getrou, toegewyd of sterk genoeg is dat Hy ons moet antwoord nie. Inteendeel, ons moet volhard en nie moed opgee nie. Hou aan vra, al is dit hoe moeilik, maak nie saak hoe hartverskeurend nie, want ons goeie Vader sal ons antwoord en vir ons goeie dinge gee. Die realiteit is dat ons God dikwels in gebed vra vir dinge, maar dit gebeur dan nie. Dan wonder ons hoekom God nie vir ons gee waarvoor ons gebid het nie. Daar kan baie redes hiervoor wees, maar soms is dit as gevolg van ons gebrek aan geloof. Lukas het deur sy Evangelie die belangrikheid van geloof beklemtoon. Baie mense is genees vanweë hulle geloof. In teenstelling daarmee was die dissipels soms nie in staat om wonderwerke te verrig nie weens hul gebrek aan geloof. Wanneer ons bid, moet ons geloof hê dat Hy sal antwoord, want 'n onbeantwoorde versoek kan soms die gevolg wees van 'n gebrek aan geloof. As ons versoeke ooreenstem met God se gebooie en ons getrou saam met Hom in nederigheid wandel, kan ons glo Hy sal antwoord, want Hy sê Hy sal. Hy weerhou niks goeds van ons nie; Hy is selfs bereid om Homself, die Heilige Gees, vir ons te gee. Glo Hy sal antwoord en vertrou Hom met jou versoeke vandag. Hou aan vra, hou aan soek en hou aan klop! Kom ons kyk watter goeie gawes Hy bereid is om vir ons te gee!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans