Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 32 VAN 43

Lees Lukas 15:1-16:31

SOAP Lukas 15:4-7

“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”

Oordenking

Terwyl ons nadink oor vandag se gedeelte, kan ons groot vertroosting vind in die manier waarop Jesus belowe om die verlorenes te soek en te red. En wanneer die verlorenes na Hom terugkeer, verwelkom God hulle as 'n deernisvolle Vader wat verheug is oor hulle terugkeer.

Ons moet ook uit hierdie gedeeltes nadink oor hoe ons as gelowiges in Christus die verlorenes beskou. Die Fariseërs en godsdiensleiers het trots geword — soos die ouer seun en die ryk man — en het geglo dat hulle redding verdien het vanweë hul gehoorsaamheid aan die wet. Hulle het met minagting gekyk na diegene wat hulle as "sondaars" beskou het, maar na wie Jesus met liefde en deernis gekyk het.

Hoe beskou jy diegene wat nie vir Jesus ken, kerk bywoon of 'n Christelike wêreldbeskouing het nie? Jesus se spesifieke waarskuwings in hierdie gedeelte was aan die godsdienstige leiers wat geglo het dat hulle geregverdig is deur wat hulle gedoen het, gerig. Terwyl ons weet en glo dat ons regverdigmaking deur Christus alleen kom, kan dit maklik wees om in 'n ingesteldheid soortgelyk aan dié van die godsdienstige leiers te verval.

Elke mens was of is 'n verlorene. Jesus het gekom om verlorenes te red. Hy sal nie een van sy verlore skape agterlaat nie. Soos die goeie herder, sal Jesus baie moeite doen om sy eie skape van die dood te red. Hy weet wat dit verg om jou te bereik.

Ons was ook eers vyande van God, maar nou het ons nuwe lewe in Hom. Nie een van ons is goed, regverdig of waardig om gered te word nie. Wanneer ons 'n gesindheid soos dié van die godsdienstige leiers het, mis en verklein ons dikwels die wonder van verlossing.

Jesus en die hele hemel is bly oor elke verlore persoon wat tot bekering kom. As sy volgelinge weet ons hoe dit was om verlore te wees, maar ons ken nou die ware vreugde om gevind te wees. Mag ons aanhou om Hom te volg, veral terwyl ons die verlorenes soek. Net Jesus kan red, maar ons kan bly wees oor elke sondaar wat gevind word.

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans