Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 36 VAN 43

Oordenkingsvrae

1. Wat vra God van ons om oor te gee om Hom te volg? Wat is vir jou die moeilikste om aan Hom oor te
gee?

2. Hoe beskou jy diegene wat nie vir Jesus ken, kerk bywoon of 'n Christelike wêreldbeskouing het
nie? Hoe reageer jy wanneer 'n verlore persoon van Jesus wil weet?

3. Hoe kan “geloof so groot soos ’n mosterdsaad” wonderbaarlike dinge doen? Waarom vereis ware
geloof geloof in wie Jesus is én in wat Hy kan doen?

4. Daar is 'n koste verbonde aan geloof in Jesus. Watter dinge het jou geloof jou gekos? Is
hierdie koste die moeite werd om Jesus te volg? Hoekom of hoekom nie?

5. Dink na oor hoe Jesus jou opgevolg het toe jy verlore was. Hoe het Hy jou lewe en hart vasgegryp?
Hoe het jy Hom leer ken?

Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans