Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 38 VAN 43

Lees Lukas 19:28-44

SOAP Lukas 19:38

Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!”

Oordenking

Hierdie week lees ons die passieverhale in Lukas se Evangelie, wat begin met die triomfantlike intog in Jerusalem en eindig met Jesus se verskynings na die opstanding. Lukas wys vir ons dat Jesus, die man wat omgee vir die geringes en verlorenes en vir wie die onderdrukkende owerhede uitdaag, Koning van die Jode is.

Lukas se verslag vertel ons dat dit Jesus se skare dissipels was wat hulle klere op die pad uitgesprei het en God geprys het vir die magtige werke wat hulle gesien het. Hulle was oortuig Jesus is wie Hy sê Hy is. Hulle was bly omdat hulle beloofde Verlosser gekom het. Hulle het sy woorde dat Hy deur God gestuur is, geglo en ook dat Hy hulle beloofde Messias is.

Tog, na die triomfantlike oomblik teken Lukas aan hoe Jesus oor Jerusalem geween het. Hy het baie wonderwerke gedoen en sommige mense in Israel het geglo en Hom gevolg, maar Jesus het gehuil oor Jerusalem en oor die mense wat Hom verwerp het. Hy het gekom om al die verlorenes te red, ook sy eie mense. Maar baie het nie erken en geglo dat Hy die beloofde Messias, die Koning van Israel, was nie.

Ons is so bevoorreg om toegang te hê tot Lukas se Evangelieverslag, omdat ons die menslikheid van Jesus kan sien in die beskrywing van sy versoeking in die woestyn en sy smart en angs in die tuin (wat nog moes kom). Ons kan weet dat ons Verlosser werklik ons pyn ken en verstaan. Dit word duidelik gemaak dat Hy ons pyn raaksien en vir ons omgee deur die manier waarop Hy voortdurend uit sy pad gegaan het om die siekes te genees, veral diegene wat aan die rand van die samelewing was. Hy het wonderwerke vir sy mense gedoen al het hulle niks gehad om vir Hom terug te gee nie. Ons Koning sorg vir ons. Hy het die krag, gesag, wysheid en deernis om in ons behoeftes te voorsien. Hy ken werklik ons pyn en genees ons.

Jesus het geween oor die verlorenes in Jerusalem. Hy het gekom om die verlorenes te red, maar baie het Hom steeds verwerp. Wat van jou? Jesus sal nie ophou om jou te soek totdat jy jou geloof in Hom plaas nie. Wat weerhou jou om Hom vandag met jou redding te vertrou? As jy reeds op Hom vertrou het om jou sondes te vergewe en vir jou die ewige lewe saam met Hom te gee, wat weerhou jou daarvan om Hom ten volle te vertrou met wat jy ook al vandag in die gesig staar?

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans