Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 43 VAN 43

Oordenkingsvrae

1. Wat weerhou jou daarvan om God vandag met jou redding te vertrou? En as jy Hom reeds vertrou het
om jou sondes te vergewe en jou die ewige lewe saam met Hom te gee, wat weerhou jou daarvan om
Hom ten volle te vertrou met wat jy ook al in die gesig staar?

2. Hoe word uithouvermoë verbind met geloof? Waarom het jy uithouvermoë nodig in jou
geloofswandel?

3. Soos Petrus is ons almal ongehoorsaam aan God. Is daar iets wat jy gedoen het wat jy glo dat God
nie sal vergewe nie? Wat wys Jesus se interaksie met Petrus vir jou oor hoe Hy ons mislukkings
hanteer?

4. Wie, sê jy, is Jesus?

5. Is dit die moeite werd om Jesus te volg? Hoekom of hoekom nie?

Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans