Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 42 VAN 43

Lees Lukas 24:1-53

SOAP Lukas 24:45-48

Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’ Julle is getuies van hierdie dinge."

Oordenking

Lukas het sy bedoeling met die skryf van sy Evangelieverslag heel aan die begin duidelik gemaak: “sodat julle met sekerheid kan weet wat julle geleer is” (Lukas 1:4). Lukas het die gebeure van die begin af gevolg en 'n verslag daaroor geskryf, want hy wou hê dat sy vriend vir seker moes weet wie Jesus is. Teofilus en ander in die vroeë kerk het gehoor en geleer van die dinge wat met Jesus gebeur het en wat Hy gedoen het.

In sy Evangelie wys Lukas vir sy lesers wie Jesus is. Hy verkondig die Godheid van Christus en verhef Hom as die Seun van God. Hy vertoon ook die menslikheid van Christus, die Seun van die mens —volkome mens maar sonder sonde. Hy beskryf Christus ook as die Messias, wat inderdaad al die profesieë waaroor die profete gepraat het, vervul het en die Een was deur wie verlossing gekom het.

Lukas sluit sy skrywe af deur te wys hoe Jesus sy dissipels beveel het om hierdie waarhede te onthou sodat hulle ook vir seker sal weet wie Jesus is. Die woorde van Christus is betroubaar omdat dit waar is. Alles wat Jesus gesê het Hy sou doen, het Hy gedoen. Hy het al die Skrifte wat oor Hom geskryf is, vervul. Op dieselfde manier wat die Jode die woorde van die profete oor die komende Messias aan hulle kinders oorgedra het, moes die volgelinge van Jesus aan die nasies verkondig wat hierdie Messias gedoen het.

Jesus is wie Hy sê Hy is. Hy is betroubaar en geloofwaardig en so ook sy Woord. Ons het die voorreg om die verslae van Jesus se lewe, dood en opstanding te kan lees asook om self getuies te wees van wat Hy in ons eie lewens gedoen het. Soos Lukas met Teofilus gedeel het, kan en moet ons vir ander vertel wie Jesus is en wat Hy gedoen het. Ons is getuies van hierdie dinge. Kom ons verkondig bekering en die vergifnis van sondes in sy Naam aan al die nasies.

Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans