Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 35 VAN 43

Lees Lukas 18:31-19:27

SOAP Lukas 19:10

"Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is."

Oordenking

Jesus het sy dissipels gewaarsku oor wat met Hom sou gebeur. Alhoewel die dissipels nie op daardie tydstip verstaan het nie, weet ons as lesers wat sou kom. Lukas voorspel hierdie gebeure en die spanning in die verhaal bou op toe Jesus Jerigo, net ‘n entjie van Jerusalem af, bereik. Die gebeure in Jerigo is die finale tekens wat voor die kruisiging van Christus sou plaasvind. Die konflik tussen Jesus en die godsdienstige leiers sou eindig met Jesus wat doodgemaak word, maar met baie wat verlossing deur sy offer sou ontvang.

Weereens het Jesus iemand genees wat deur die samelewing uitgedryf is. Hierdie blinde man is selfs uigeskel, omdat hy na Jesus geroep het, maar soos Hy soveel kere vantevore vir ander gedoen het, het Jesus die man met groot deernis en sorg genader. Die man het groot geloof getoon en selfs erken dat Jesus die Messias is. Jesus het die man genees en baie mense het God geprys.

Toe het Jesus iemand teëgekom wat die godsdienstige leiers ‘n sondaar genoem het: Saggeus, die hooftollenaar, was baie kort. Hy was ryk soos baie ander wat Jesus op sy reise ontmoet het, maar hy was die enigste ryk persoon wat Lukas opgeteken het wat van sy rykdom weggedraai en Jesus gevolg het. Saggeus het ware geloof en ware dissipelskap getoon en sy besittings opgegee om Jesus te volg.

Jesus het gekom om verlorenes te soek en te red. Sy doel was nie om mag of roem te verkry nie, maar om diegene te vind wat verlore was en ‘n Verlosser nodig gehad het. Die godsdienstige leiers het Hom verwerp, maar diegene wat minder geneig was om as regverdig beskou te word, soos die bedelaars en tollenaars, was diegene wat ware geloof aan die dag gelê het en verlossing ontvang het.

Maak nie saak wat jy vandag in die gesig staar nie, ongeag van jou verliese, pyne, hartseer, stryd, sondes of gebreke, Jesus sien jou raak. Hy sien jou selfs wanneer jy Hom nie kan sien nie. Ongeag of jy verblind word deur jou pyn en of die wêreld jou uitsig blokkeer, Jesus sien jou steeds. Hy het gekom om jou te red en niks sal Hom keer nie. Hy is die Seun van die mens, die Messias en Hy het reeds alles gegee om jou te red.

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans