Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Lees Lukas 17:1-19
SOAP Lukas 17:17-19
Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?" En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”
Oordenking
Terwyl Jesus sy reis na Jerusalem voortgesit het, het Hy sy dissipels meer geleer oor wat dit beteken om 'n ware dissipel te wees. Lukas sluit by hierdie oomblikke van onderrig aan met gelykenisse en hervertellings van gebeure as voorbeelde van hoe om hierdie leerstellings prakties uit te leef.
Jesus het drie stellings gemaak oor ander se navolging van Hom: Hy het sy dissipels gewaarsku om nie struikeling vir enigiemand te veroorsaak nie, hulle opdrag gegee om mekaar te bestraf as hulle verkeerd opgetree het en hulle beveel om mekaar onvoorwaardelik te vergewe. Jesus het ook twee opdragte gegee oor wat dit behels om 'n verhouding met God te hê, naamlik: om ware geloof te hê en om die nederigheid van 'n dienskneg te hê.
Op pad na Jerusalem het Jesus en sy dissipels by 'n groep van tien melaatse mans verbygegaan. Soos baie mense wat Jesus in Lukas se Evangelie genees het, was hierdie mans uitgeworpenes wat uit die samelewing verban is as gevolg van hulle siekte. Jesus het vir die mans gesê om hulleself aan die priesters te gaan wys en terwyl hulle nog op pad was, is hulle genees. Lukas sluit hierdie gebeure in direk na Jesus se instruksies oor die lewe as 'n ware dissipel om vir Teofilus en sy latere lesers te wys hoe om Sy instruksies prakties uit te leef.
Slegs een van die tien melaatses het teruggekeer om Jesus te bedank vir wat Hy gedoen het. Slegs een man het ware geloof geopenbaar en daardie geloof het hom ook geestelik genees. Hierdie "geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie" het nie te doen gehad met sy hoeveelheid geloof nie, maar eerder met die kwaliteit daarvan. Hierdie man het dalk nie baie geloof gehad nie, maar wat hy wel gehad het, was eg en rein. Hy het geglo dat Jesus hom kon genees en daarna het hy verstaan dat dit Jesus alleen was wat dit gedoen het.
Gedurende sy bediening het Jesus wonderwerke vir baie mense wat siek was, gedoen. Maar net diegene wat opreg in Hom geglo het, het die ewige lewe in Hom vind. Om 'n ware volgeling van Jesus te wees, beteken dat ons sy opdragte volg. Maar sonder geloof is dit onmoontlik om daardie opdragte te volg en saam met Hom te wandel. Ware geloof erken Jesus vir wie Hy is: die Messias en Seun van God.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans