Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Lees Lukas 10:25-42
SOAP Lukas 10:27
Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.”
Oordenking
'n Deskundige in godsdiensreg het die Ou-Testamentiese wet korrek opgesom. Om die ewige lewe te beërwe moet 'n mens God liefhê met jou hele hart, siel, krag en verstand en jou naaste liefhê. Lukas het twee oënskynlik onverwante gebeurtenisse gekombineer om te wys hoe dit prakties uitgeleef word. In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan het Jesus 'n man van Samaria beskryf wat bereid was om 'n Joodse man te help wat deur rowers aangeval is. Beide 'n priester en 'n Leviet het die man verbygegaan en geweier om hom te help. Jesus het verduidelik hoe liefde vir 'n mens se naaste beteken om barmhartigheid en deernis te betoon aan diegene wat dit die nodigste het, ongeag hul status, nasionaliteit, agtergrond of vermoë om terug te betaal. Die Samaritaanse man, die onwaarskynlike held in die verhaal, was die een wat liefde aan sy naaste betoon het. Sy optrede stel die standaard vir hoe ons ander moet liefhê.Toe Jesus by Marta se huis ingegaan het, het sy Hom as 'n gas verwelkom. Dit het beteken sy het vir Hom 'n maaltyd en ‘n slaapplek voorberei. Marta het dieselfde gesindheid van liefde teenoor haar naaste geopenbaar as wat die Samaritaan in Jesus se gelykenis gehad het. Jesus het nie met Marta geraas oor haar diens nie, want haar diens aan Hom was uiters belangrik vir die koninkryk van God. Jesus het Marta gekorrigeer omdat sy haar prioriteite verkeerd gehad het en omdat sy wou hê dat Maria moes ophou om by Jesus te sit en haar met die voorbereidings help. Jesus het Maria geseën vir haar begeerte om van haar Here te leer. Maria het 'n hart, siel, krag en verstand vertoon wat haar God ten volle liefgehad het. Sy het verstaan dat alhoewel daar baie was om te doen, haar prioriteit was om tyd af te staan om na Jesus te luister. Maria is die voorbeeld van hoe ons die Here ons God moet liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand. Sy het eerste na Jesus gegaan en is nie deur ander take afgelei nie. Die Samaritaan wys vir ons hoe ons ons naaste moet liefhê soos onsself deur te sorg vir 'n man wat hom niks kon teruggee nie. Wanneer ons harte in lyn met God is, sal ons diens aan ander oorvloei uit ons liefde vir Hom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans