Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Lees Lukas 9:51-10:24
SOAP Lukas 10:23-24
Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en sê vir hulle: “Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien, want Ek sê vir julle: Baie profete en konings het daarna verlang om te sien wat julle nou sien, en hulle het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie.”
Oordenking
Lukas se Evangelie beweeg in hoofstuk nege van 'n fokus op Jesus se krag na 'n fokus op sy konflik met die godsdienstige owerhede. Soos die konflik ontwikkel, wys Lukas ook vir Teofilus (en sy latere lesers) die ware prys van dissipelskap. In Handelinge, Lukas se tweede kanonieke bydrae, wys hy verder hoe ware dissipelskap lyk en hoe die vroeë kerk se sendingbeweging ontvou het. In ons Skrifgedeelte vandag het Jesus beide die koste en die belonings van dissipelskap verduidelik.
Terwyl Jesus voorberei het om Jerusalem binne te gaan, is Hy nie in 'n Samaritaanse dorpie verwelkom nie. Hierna is Jesus genader deur twee mense wat hul begeerte uitgespreek het om Hom te volg. Jesus se antwoorde het getoon hoe duur ware dissipelskap is. Jesus was onwelkom in 'n dorpie en daar sou baie kere wees wanneer sy dissipels verwerp en uit plekke verdryf sou word as gevolg van hulle getrouheid aan Hom. Om Jesus te volg is duur; sy ware dissipels sal opofferings moet maak as hulle Hom wil volg.
Voordat Jesus sy reis na Jerusalem voortgesit het, het Jesus 72 van sy volgelinge uitgestuur om na die stede en dorpe te gaan om die koninkryk van God te verkondig. Soos Hy opdrag gegee het toe Hy die twaalf uitgestuur het, moes ook hulle niks saamdra nie. In plaas daarvan moes hulle op Hom staatmaak om in hulle behoeftes te voorsien. Die dissipels se geloof het tydens hierdie sending toegeneem. Waar hulle voorheen nie in staat was om demone uit te dryf nie (Lukas 9:40), het hulle nou ten volle op die naam van Jesus staatgemaak en was hulle in staat om sulke wonderwerke te doen.
Die dissipels het gesien wat dit kos om Jesus te volg. Hulle sou verwerping, vervolging en opposisie in die gesig staar. Tog het hulle ook die groot beloning gesien. Hulle het gesien hoe die krag en gesag van Jesus deur hulle werk. Die dissipels het wonderwerke beleef wat baie in gesagsposisies begeer het om te sien, maar wat God gekies het om net aan sy volgelinge te openbaar. Hierdie gedeelte sou die vroeë kerk aangemoedig het wanneer hulle verwerping, vervolging en opposisie in die gesig gestaar het. Die koste om Jesus te volg was hoog, maar so ook die beloning. Dieselfde geld vandag nog. Ware dissipelskap mag dalk ons gemak, sekuriteit en verhoudings kos, maar niks wat ons in die gesig staar kan vergelyk word met die seën wat ons ontvang deur Jesus te ken en in Hom te glo nie.
Aangaande hierdie leesplan

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
