Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Oordenkingsvrae
1. Wie sê jy is Jesus? Stem jou antwoord ooreen met wat die Bybel sê? Glo jy Hy is wie Hy sê Hy is?
2. Wat is ware dissipelskap? Wat het ware dissipelskap jou gekos? Is jy bereid om hierdie dinge op te
offer om Jesus te volg? Hoekom of hoekom nie?
3. Hoe kan jy God vandag liefhê met jou hele hart, siel, krag en verstand? Hoe kan jy jou naaste vandag
liefhê?
4. Waarvoor vra jy God in hierdie seisoen? Glo jy dat Hy jou versoek sal beantwoord? Hoekom of
hoekom nie?
5. Vind jy jouself vasgevang in die dinge van die wêreld soos byvoorbeeld rykdom, roem of sukses? Hoe
kan jy daarop fokus om God se koninkryk te bevorder in plaas daarvan om hierdie dinge te soek?
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans