Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Oordenkingsvrae
1. God is 'n deernisvolle God. In watter area van jou lewe verlang jy daarna om sy deernis te sien? Vra
Hom om sy deernis en omgee vir jou te openbaar.
2. Hoe reageer jy op Jesus en die vergifnis wat Hy bied? Aanvaar jy sy vergifnis en is jy lief vir Hom en
aanbid jy Hom? Of ontken jy dat jy sy vergifnis nodig het en kritiseer jy sy genade en barmhartigheid?
3. Watter van jou kulturele norme is nie volgens wat die Bybel leer nie? Watter van jou kulturele norme
stem ooreen met die Bybelse waarheid?
4. Hoe hou God se krag verband met jou omstandighede? Op watter gebiede vra God jou dalk om Hom
te vertrou en hoe kan jou geloof versterk word?
5. Wat glo jy sal God vir jou doen in hierdie seisoen? Wat het jy nodig om dit te glo? Vertrou jy Hom om
jou gebed te verhoor — hetsy op gewone of buitengewone wyse?
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans