Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Oordenkingsvrae
1. Met wie, buiten jou gereelde kring van invloed, kan jy hierdie week die evangelie deel?
2. Hoe het jy onlangs gesien hoe God sy krag in jou lewe vertoon? Hoe het jy gesien dat God vir jou sy
goedhartigheid wys?
3. Is dit vir jou makliker om te glo dat God vir jou iets sal gee wat jy begeer of iets wat jy nodig het?
Hoekom?
4. Het jy al ooit soos die Joodse leiers met die veronderstelling dat jy jou redding deur goeie werke kan
verdien, opgetree? Waar kom jou regverdigheid vandaan?
5. Wat is jou houding teenoor gebed? Pak jy dit met vreugde en afwagting aan of as 'n taak om te
voltooi? Hoe kan jy deur middel van gebed groei in jou begeerte om in die teenwoordigheid van God
te wees?
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans