Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 14 VAN 43

Lees Lukas 6:12-49

SOAP Lukas 6:12

In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.

Oordenking

Jesus het baie wonderbaarlike dinge gedoen. Hy het siekes genees, Joodse leiers uitgedaag, dissipels geroep en selfs versoeking en verwerping verduur. Baie keer het Jesus ook weggegaan om alleen te wees en te bid.

Die Evangelie van Lukas wys vir ons die menslikheid van Christus. Jesus is die Seun van God en Hy is ten volle mens. Jesus het dieselfde emosies ervaar as wat ons ervaar en Hy het dieselfde (of veel groter) versoekings verduur. Hy het honger, hartseer, vreugde, opgewondenheid, frustrasie en verraad ervaar. Maar tog was Hy in al hierdie dinge sonder sonde.

In vandag se Skrifgedeelte het Jesus dissipels gekies en toe 'n kragtige, teologies ryk boodskap aan sy volgelinge gelewer. Maar die belangrikste is om op te let na wat net voor hierdie gebeure plaasgevind het: Jesus het alleen uitgegaan om te bid.

Ons hoor dikwels dat as Jesus alleentyd met God nodig gehad het, dan het ons dit des te meer nodig. Alhoewel dit waar is en ons tyd saam met ons hemelse Vader moet deurbring, het dit dalk om meer gegaan vir Jesus wat gereeld van ander onttrek het om te bid. Jesus wou tyd saam met sy Vader deurbring. Jesus het geweet die Vader is sy bron, onderhouer, vertroosting en vreugde. Jesus het nie net onttrek om tyd alleen met God deur te bring wanneer Hy in nood was nie; Hy het dit gedoen om sy verhouding met sy Vader te verdiep.

Ons kan met gedeeltes soos hierdie daarop fokus dat Jesus nie net nodig gehad het om in die teenwoordigheid van God te wees nie, maar dat Hy ook begeer het om in die teenwoordigheid van God te wees. Hoe meer ons gebed 'n prioriteit in ons lewens maak, hoe meer sal ons begeer om in God se teenwoordigheid te wees. Hoe meer tyd ons saam met Hom deurbring, hoe meer herken ons die vreugde en vrede wat slegs uit sy teenwoordigheid kom. Jesus het gereeld tyd alleen saam met die Vader gesoek. Mag ons ook op so 'n manier leef dat ons ons kosbare tyd saam met God koester en oppas.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans