Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 13 VAN 43

Lees Lukas 5:27-6:11

SOAP Lukas 5:32

”Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars.”

Oordenking

Gedurende Jesus se leeftyd was Israel onder die beheer van die Romeinse Ryk. Die Jode was swaar belas en op baie ander maniere deur die Romeine onderdruk, maar hulle was steeds toegelaat om God vrylik te aanbid. Omdat die Romeine nie-Jode was, het baie Jode nie met hulle geassosieer nie, omdat hulle leefstyl hulle volgens die Joodse wet seremonieel onrein gemaak het.

Nietemin was daar 'n paar Jode wat ingestem het om vir die Romeine te werk. Levi was een van hierdie mense. As 'n tollenaar vir die Romeinse regering sou Levi geld van sy mede-Jode insamel en na Rome terugstuur. Baie tollenaars het 'n reputasie gehad dat hulle vir hulleself wins gemaak het deur meer vir mense te vra as wat die Romeine vereis het. Tollenaars in Israel was nie gerespekteer nie — hulle was verag deur beide die gewone mense en diegene in gesagsposisies, soos die Fariseërs en wetsgeleerdes.

Lukas gee nie veel agtergrond oor wie Levi was of hoe en hoekom hy 'n tollenaar geword het nie. Wat hy wel vir ons sê, is dat Levi die oomblik toe Jesus gesê het: "Volg My!" alles agtergelaat het en 'n groot maaltyd vir Jesus gehou het.

Levi se verlede het Jesus nie daarvan weerhou om hom te roep nie. Sy rykdom, beroep, politieke affiliasie en reputasie was nie vir Jesus belangrik nie. Wat saak gemaak het, was dat hy alles gelos het om Jesus se dissipel te wees.

'n Tema wat ons meer en meer in die Evangelie van Lukas sal sien, is hoe diegene wat nie deur die Joodse leiers as ‘regverdig’ beskou is nie, ontvanklik was vir Jesus en Hom gevolg het. Jesus het nie gekom om diegene te red wat nie glo dat hulle redding nodig het nie. Hy het gekom om diegene te red wat hul sonde, gebrokenheid en behoefte aan 'n Verlosser erken. Jesus het hierdie mense met ope arms verwelkom, net soos Hy ons verwelkom wanneer ons ons sondes en tekortkominge vir Hom bring. Jesus roep ons om 'n nuwe lewe saam met Hom te begin deur die verlede agter te laat en Hom te volg.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans