Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 12 VAN 43

Lees Lukas 5:12-26

SOAP Lukas 5:24

“Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.” Toe sê Hy vir die verlamde man: “Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

Oordenking

Terwyl Jesus besig was om ‘n groot skare waaronder ‘n paar Fariseërs en wetgeleerdes was, te leer, het ‘n groep mense ‘n verlamde man deur die dak in die vertrek laat afsak. Dié man wou bitter graag genees word en sy vriende was net so gretig. Hulle het uit hul pad gegaan om by Jesus uit te kom, omdat hulle vas oortuig was dat Hy regtig kon help.

Jesus het op hierdie ongelooflike geloofsdaad gereageer met die woorde: “Vriend, jou sondes is vergewe.” Jesus het geweet wat hierdie man nodig het: vergifnis van sonde. Net God het die mag en outoriteit om sondes te vergewe en daarom het Jesus se woorde die wetgeleerdes en Fariseërs vyandige gedagtes oor Hom laat dink. Op ‘n tydstip toe hulle verheug moes wees saam met ‘n man wie se sondes vergewe is, was hulle krities en veroordelend.

Wat die verlamde man en sy vriende nie geweet het toe hulle daardie dag aangepak het nie, was dat Jesus hulle sou gebruik om sy ware identiteit bekend te maak. Die feit dat Jesus die man se sondes vergewe het, het geopenbaar dat Hy God is. Hy kan nie net siekes gesond maak nie, maar Hy het ook die outoriteit om sondes te vergewe. Hierdie man het vergifnis van sonde ontvang en is deur God gebruik om sy Seun te verhef. As gevolg van sy geloof en Jesus se werk in sy lewe, sou baie God verheerlik.

Ons vra God miskien dikwels vir iets wat ons hartstogtelik begeer, maar in plaas daarvan gee Hy vir ons iets wat ons nodig het. Ons weet dalk nie eens dat ons dit nodig het nie, maar genadiglik voorsien God in ons behoeftes. Hy mag dit selfs op so ‘n manier doen dat dit baie ander na Hom laat kom.

Wanneer dit voel asof God net vir ons gee wat ons nodig het en nie wat ons wil hê nie of dat God ons gebruik, maar nie regtig raaksien nie, mag ons hierdie verlamde man onthou. God het hom gegee wat hy so verskriklik nodig gehad het, naamlik vergifnis en Hy het sy lewe gebruik om baie na Jesus toe te bring en toe het Hy nog meer gedoen. Jesus het vir hierdie man gegee wat hy werklik begeer het: om te kan loop.

Dit is wie Jesus is. Hy is almagtig, alvermoënd en deernisvol. Net so is sy liefde vir jou. Hy sien; Hy weet; Hy gee om.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans