In Vreugde en VertroueVoorbeeld

In Vreugde en Vertroue

DAG 4 VAN 10

Prys God

Die Psalms is ’n bundel liedere geskryf en gekomponeer deur groot manne van God vir wie lofprysing ’n prioriteit was. Soos wat elkeen oor hul hartseer en pyn, konflik, beproewinge en versoekings, slawerny en ballingskap gesing het, het hulle sonder uitsondering daarin geslaag om verby hul pynlike emosies en haglike omstandighede te kyk en hulle in God te verbly. So eindig elke Psalm op ’n noot van hoop en vreugde, want wie van ons kan nie die hand van God, wat soos ’n goue draad deur die ryk tapisserie van ons lewe loop, raaksien nie?

Dit was vir mense soos Dawid, die seuns van Korag en Abraham ’n leefstyl om God te prys, een wat hulle gehelp het om sin te maak van hulle wêreld met sy unieke uitdagings. Op soortgelyke wyse is dit God se wil dat ons, ongeag ons situasie, sal oorloop van dankbaarheid, altyd gereed om ’n loflied tot sy eer te sing.

Terwyl ons vandag vir ’n rukkie in God se liefde vertoef, mag ons die vreugde van ’n God-gesentreerde lewe herontdek. Eers dan sal ons ’n halleluja uit ons hart uit en oral waar ons gaan, kan laat opklink.

Om die lewende God te prys, is onlosmaaklik deel daarvan om u kind te wees en in alle omstandighede gepas! Here, ek wil vandag ’n nuwe lied vir U sing, met al my krag voor U dans en oor u Naam jubel, U met groot vreugde loof, want U is waardig om eer te ontvang en geprys te word. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In Vreugde en Vertroue

Ware vreugde is ’n blydskap wat deur niks geblus kan word nie, selfs nie die heel moeilikste, donkerste omstandighede nie. Dié 10 oordenkings sal jou aanmoedig om die bron van ewige vreugde te ontdek. Jy sal sien dat ware, durende vreugde slegs moontlik is wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek. Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/