In Vreugde en VertroueVoorbeeld
Vreugde van God se kinders
Die internasionaal erkende metode om die jaartal vas te stel, was jare lank gebaseer op die gebruik van vC (voor Christus) en AD (in die jaar van ons Here) en is ’n verwysing na die geboorte van Christus. As die belangrikste gebeurtenis in wêreldgeskiedenis, het dit die begin en einde van ’n era aangekondig. Terwyl die hemele verheug was oor sy nederige geboorte, met engele wat aan herders verskyn het en ’n ster aan wyse manne, was dit sy dood aan ’n Romeinse kruis wat die swaar gordyn van die tempel geskeur en ons toegang tot die hemel gewaarborg het.
Dit is in hierdie dag waarin ons ons verheug. Dit is aan hierdie Hoop wat ons vashou. Dit is in hierdie God wat ons ons geloof stel. Dit is na Christus wat ons kyk wanneer ons bid. Dit is tot God (Vader, Seun en Heilige Gees) dat ons ons stemme verhef in lofprysing, aanbidding en danksegging.
Soos die dag van ons geboorte spesiaal is vir ons familie en die dag van ons weergeboorte in die hemele gevier word, so is die dag waarop Christus die hoeksteen van die nuwe tempel geword het, ’n dag van vreugde. ’n Dag wat ons as Christene steeds elke keer vier wanneer ons die datum skryf.
Here, die kenmerkende vreugde van u kinders was nog altyd vir my so aantreklik. Wys my hoe ek dit daagliks en doelbewus deel van my emosionele lewe kan maak – veral wanneer ek moedeloos of swaarmoedig is. Vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer is deel van ons erfenis – maak dit ook deel van my erfenis aan my kinders en kleinkinders. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ware vreugde is ’n blydskap wat deur niks geblus kan word nie, selfs nie die heel moeilikste, donkerste omstandighede nie. Dié 10 oordenkings sal jou aanmoedig om die bron van ewige vreugde te ontdek. Jy sal sien dat ware, durende vreugde slegs moontlik is wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek. Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/