In Vreugde en VertroueVoorbeeld

In Vreugde en Vertroue

DAG 7 VAN 10

Vrug van die Gees

In sy hart is ons hemelse Vader ’n Tuinier wat sy grond ywerig en met sorg bewerk om ’n goeie oes te verseker. As Wingerdboer snoei Hy elke tak om te verseker dat dit beter en meer vrug sal dra, want dit is sy wil dat ons tot seën sal wees vir ons medemens: bure en vriende, vreemdelinge en familie, kollegas en besoekers.

Terwyl ons in Christus, die ware Wingerdstok, bly, word ons toegerus deur die Heilige Gees om vrug te dra. As Helper bemagtig Hy ons, bid en werk Hy in en deur ons tot eer van God die Vader. Die nege karaktereienskappe wat as die vrug van die Gees bekend is, is daarom tekenend van die oorvloedige lewe waaraan ons deel mag hê as kinders van God. Elkeen van hierdie eienskappe beskik boonop oor die potensiaal om meer vrug te dra.

Soos ons toelaat dat die Heilige Gees in en deur ons werk, sal ons onselfsugtig omgee vir ander, selfs in moeilike omstandighede vreugdevol leef, die vrede van God ken, geduldig kan wag, vriendelikheid en warmte uitstraal, goeddoen vir ander, deur dik en dun op God vertrou, nederig voor Hom leef en met selfbeheersing onsself bestuur.

Vader, die vrug van die Gees dui op u teenwoordigheid in my lewe. Bring elkeen van hierdie nege karaktereienskappe tot volwassenheid binne my, want ek wil meer soos Jesus wees. Amen

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

In Vreugde en Vertroue

Ware vreugde is ’n blydskap wat deur niks geblus kan word nie, selfs nie die heel moeilikste, donkerste omstandighede nie. Dié 10 oordenkings sal jou aanmoedig om die bron van ewige vreugde te ontdek. Jy sal sien dat ware, durende vreugde slegs moontlik is wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek. Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/