In Vreugde en VertroueVoorbeeld
Natuur
Wanneer ek in die natuur is, is dit vir my onmoontlik om nie aan my Skepper te dink nie. Die wonder van sy skepping maak my opgewonde, laat my ontspan, praat met my en verkwik my. Buite, in die tempel van die lewende God, is dit altyd makliker vir my om Hom te beleef, te loof, sy stem te hoor en beheer oor te gee sodat Hy kan werk. Wanneer die jakkalsvoël sy prooi vind, die muise in hul ondergrondse tonnels rondskarrel, die kolganse verbyvlieg en die dikkoppe hul kuiken grootmaak tussen die skraal bome, sweef my hart hemelwaarts en vind ek vreugde in my Skepper-God.
As dit is hoe die natuurlike wêreld my nou laat voel, in hierdie moeilike tyd, kreunend soos iemand met geboortepyne, kan ek my skaars die heerlikheid van die nuwe aarde indink, waar die opgestane koning Jesus sy koninkryk van vrede en geregtigheid gaan vestig.
Mag ons gereeld maniere vind om die dolle gejaag van die winkelsentrum, die paniekerige strewe na geld en die maalstroom van politiek te ontsnap en toelaat dat die eenvoudige skoonheid van die buitelewe ons uitgebrande siele verkwik.
Vader, ons kan nie langer die lyding van ons natuurlike wêreld ignoreer nie. Skepper van die hemel en die aarde, maak ons verantwoordelike rentmeesters, terwyl U ’n nuwe generasie oprig om ons aardse tuiste en ryke natuurlewe te bewaar. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ware vreugde is ’n blydskap wat deur niks geblus kan word nie, selfs nie die heel moeilikste, donkerste omstandighede nie. Dié 10 oordenkings sal jou aanmoedig om die bron van ewige vreugde te ontdek. Jy sal sien dat ware, durende vreugde slegs moontlik is wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek. Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/