Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Lees: Johannes 6:25–58
SOAP: Johannes 6:35
"Maar Jesus sê vir hulle: 'Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.'”
Oordenking
Nadat Jesus die skare gevoed en in die middel van ‘n storm op water geloop het, het Hy en sy dissipels in Kapernaum, aan die noordekant van die meer, aangekom. Die skare het Jesus gesoek nadat Hy hulle die vorige dag kos gegee het. Hulle motiewe was egter verkeerd en hulle het begrip kortgekom.
Hulle het ‘n teken van Jesus gevra, iets wat sou bewys dat Hy geloofwaardig is, iets soos die manier waarop God manna aan hulle voorouers voorsien het. Die mense het Jesus ‘n wonderteken sien doen — deur brood uit die hemel te voorsien—en tog het hulle steeds nie geglo nie. Jesus het verduidelik wie Hy is, hoe Hy die weg na die ewige lewe is, maar die mense het nie geglo nie.
Jesus het reeds vir hulle ‘n teken gegee. Pleks daarvan om vir hulle nog ‘n teken te gee, het Jesus vir hulle gesê wie Hy is. “Ek is die brood van die lewe.” Dit is die eerste van sewe uitsprake in die evangelie van Johannes wat Jesus oor Homself gemaak het.
Jesus is die ware brood uit die hemel, die ware bron van die lewe. God het manna voorsien om die Israeliete in die woestyn aan die lewe te hou toe hulle niks gehad het om te eet nie. Dit was brood wat uit die hemel gekom het, brood wat bedoel was om die volk aan die lewe te hou. Tog het almal wat manna in die woestyn geëet het, uiteindelik gesterf. Jesus is anders. Hy is die ware Brood uit die hemel. Hy alleen is die lewe. As ons in Jesus glo, kry ons die lewe. Hy is al wat ons nodig het. God het Jesus gestuur om vir ons ‘n weg na die lewe te voorsien. As ons in Hom glo, sal ons nooit sterf nie.
Hierdie onderrig was moeilik vir die Jode om te snap. Hulle het met Hom geargumenteer nie, want hulle begrip was beperk. Hulle het aangeneem dat Hy die letterlike eet van sy liggaam en drink van sy bloed (‘n praktyk van nabygeleë heidennasies) bedoel het. Johannes laat ons met onbeantwoorde vrae; ons bly maar hoop dat hy hierdie moeilike onderrig gaan verduidelik. Meer van hierdie vrae sal tydens Jesus se laaste onderrig aan sy dissipels beantwoord word, maar die ongelowige skare het nie verdere verduidelikings gekry nie.
Die vierledige gesprek oor die Brood van die Lewe is nog nie klaar nie. Ons sal die gevolgtrekking in môre se Skrifgedeelte sien wanneer ons na die skare en die dissipels se reaksie kyk. Vereers kan ons rus in die waarheid dat Jesus ons uitnemendste voorsiening, ons Brood van die Lewe is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/