Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld
Welkom
Welkom by ons studie van die Evangelie van Johannes - Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid.
Een van die grootste vrae in die lewe wat ‘n mens baie nietig laat voel, is wat gebeur wanneer ons sterf. Ons smag na vrede, na sekerheid om te weet dat daar iets meer is, al kom ons lewens hier op aarde tot ‘n einde. Maar hoe kan ons met sekerheid weet? Hoe kan ons seker wees dat die dood nie die einde is nie?
"Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê" –Johannes 20:31.
Die evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Johannes, die skrywer, voer ‘n deurdagte argument oor wie Jesus is en waarom Hy vandag vir ons saak maak.
Deur die lees van Johannes se evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. Sy doel en boodskap is duidelik. Ons kan Johannes se getuienis van Jesus lees met die wete dat hy nie daarop uit is om ons te mislei nie, maar om ons die hoop en vrede te bied wat net van Jesus af kom.
As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou. Ons Sekuriteit vir die Ewigheid is ‘n ses weke lange Bybelstudie wat saamgestel is met die doel om jou te help verstaan wie Jesus is, waarom Hy gekom het, en wat dit beteken om Hom te volg. Òf jy nog nooit in Jesus geglo het nie, òf al baie jare lank saam met Hom wandel, ons Sekuriteit vir die Ewigheid sal jou begrip van wie Jesus is verdiep.
Ons hoop jy sluit by ons aan of gebruik ons "Love God Greatly" toepassing met hierdie studie van die evangelie van Johannes. Daar is ooreenstemmende inhoud van Ons Sekuriteit vir die Ewigheid met daaglikse plasings in die webjoernaal, verdere insig deur daaglikse oordenkings, en ‘n liefdevolle gemeenskap wat die pad saam met jou gaan stap terwyl ons begryp waarom Jesus die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe is.
Wat is S.O.A.P.?
Hier by "Love God Greatly Afrikaans", gebruik ons die SOAP-metode vir ons bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.
Wat beteken S.O.A.P.?
S – Die S staan vir Scripture – jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!
O – Die O staan vir Observation – wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?
A – Die A staan vir Application – Dit is wanneer die Woord van God persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?
P – Die P staan vir Prayer. Bid die Woord van God terug na Hom toe. As Hy gedurende hierdie tyd iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.
Inleiding:
Die evangelie van Johannes is 'n volledige weergawe van Jesus se bediening. Dit verskil egter van die evangelies van Matteus, Markus en Lukas. Hoewel elke evangelie Jesus duidelik toon as die Seun van God, die Messias van die wêreld, beklemtoon elkeen verskillende aspekte van Jesus se bediening. Die evangelie van Johannes fokus op sewe tekens wat Jesus gedoen het asook sewe aansprake wat Hy gemaak het. Hierdie tekens en aansprake komplimenteer Johannes se hoof boodskap: Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe.
Die boek word in drie hoofdele verdeel: Jesus se openbare bediening (1:19–12:50), Jesus se private bediening (13:1–17:26) en Jesus se beproewinge, dood en opstanding (18:1–21:25). In die eerste gedeelte openbaar Jesus Homself aan mense deur middel van sewe wondertekens en vyf uitsprake. Die laaste twee uitsprake oor Homself word in die tweede gedeelte gemaak, tydens Jesus se private bediening aan sy dissipels. Laastens onthul die derde gedeelte bewyse van Jesus se godheid in die beskrywing van die gebeure van sy dood en wonderbaarlike opstanding.
Die skrywer van die evangelie van Johannes word nie pertinent in die boek geïdentifiseer nie, maar hy verwys wel na homself as “die dissipel vir wie Jesus liefgehad het” (Joh. 21:7). Geleerdes het tradisioneel saamgestem dat die apostel Johannes, die skrywer was. Hierdie evangelie word tipies baie later gedateer as die ander, tussen 85 n.C. en 95 n.C.
Terwyl ons die evangelie van Johannes bestudeer, is ons uitdaging om dit met vars oë te lees. Eerder as om die teks te benader met alles wat jy dalk reeds oor die lewe en bediening van Jesus weet, lees dit asof dit die eerste keer is wat jy dit lees. Johannes het verwag dat sy lesers van Jesus sou gehoor het, ten minste van sy dood en opstanding, maar hierdie Evangelie vul baie besonderhede in en bewys waarom Jesus die Seun van God is. Terwyl jy hierdie Evangelie lees, lees dit as literatuur, hou die karakters, milieu en storielyn in gedagte. Johannes het 'n sentrale boodskap gehad om aan sy lesers oor te dra: Jesus is die Seun van God en die enigste weg na die ewige lewe. Kom ons bestudeer hierdie Evangelie en laat God se Woord toe om ons harte en gedagtes te transformeer terwyl ons ontdek wie Jesus is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/