Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 2 VAN 43

Memoriseervers:

"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense" Johannes 1:1-4.

Uitdaging vir die week:

Johannes se evangelie is geskryf om aan die wêreld te bewys dat Jesus Christus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe. Johannes het aan ‘n gehoor geskryf wat geweet het van Jesus se dood en opstanding. Sy doel was om aan diegene wat hierdie dinge gehoor het te bewys presies hoekom hulle kon glo dat Jesus die Seun van God is. Lees die boek met vars oë sonder om die einde van die verhaal te vergeet. Laat toe dat Johannes se woorde aan jou die aard van Christus bewys. Skryf neer watter nuwe waarhede jy ontdek terwyl jy dit op hierdie manier bestudeer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/