Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van JohannesVoorbeeld

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

DAG 4 VAN 43

Lees: Johannes 1:19–42

SOAP: Johannes 1:34

"Ek het dit self gesien en daarom getuig ek: Hy is die Seun van God."

Oordenking

In die inleiding tot die evangelie volgens Johannes (1:1–18) word ons vertel van 'n man met die naam Johannes. Johannes was 'n getuie van die Messias, sodat almal deur sy getuienis kon glo. In vandag se leesstuk sien ons drie afsonderlike getuienisse van Johannes oor wie Jesus is.

Eerstens het Johannes aan diegene wat deur die godsdienstige leiers gestuur is, bely dat hy nie die Christus was nie. Hy het ook gesê dat hy nie Elia of die profeet was nie. Die godsdienstige leiers en Johannes het die Skrifte geken; hulle het geweet God het belowe om iemand voor die Messias uit te stuur om Hom aan die wêreld te verkondig. Johannes het getuig dat hy die stem is waarvan die profeet Jesaja gepraat het, die een wat die Messias se koms sou verkondig.

Toe Johannes vir Jesus daar naby sien loop, het hy aan diegene rondom hulle verkondig wie Jesus is. Hy het getuig dat Jesus die Lam van God is wat die sonde van die wêreld wegneem, die Uitverkorene van God. Johannes het geweet sy doel was om die Messias te verkondig. Hy het Jesus herken en geglo vir wie Hy is. Trouens, Lukas se evangelie deel ons mee dat Johannes se moeder, Elisabet, die eerste was wat verkondig het dat Jesus die Here is, nadat Johannes in haar moederskoot beweeg het (Lukas 1:39–45).

Ná Johannes se derde getuienis het twee van sy eie dissipels hom verlaat en Jesus gevolg. Johannes het duidelik sy dissipels goed geleer, want op sy verklaring het hulle vertrek en Jesus gevolg. As gevolg van Johannes se getuienis het hierdie twee dissipels Jesus gevolg en meer mense na Hom gebring. Andreas en die naamlose dissipel (Johannes, die skrywer van hierdie Evangelie), het geglo as gevolg van Johannes se getuienis en, op sy beurt, het Petrus geglo as gevolg van Andreas se getuienis.

Hierdie aanvanklike getuienisse van wie Jesus is, konfronteer ons met 'n vraag terwyl ons vandag Johannes se evangelie lees: Wie glo jy is Jesus? Deur die loop van ons studie sal ons baie uitsprake hoor van wie mense gesê het Jesus was – van die Messias en die Seun van God tot 'n demoon besetene misdadiger. Maar ons sal ook sewe aansprake van Jesus self hoor oor wie Hy is. Ons moet voorbereid wees, soos Johannes was, om enige tyd vrae te beantwoord oor wie Jesus is. Soos ons vorder met ons studie waarin Johannes bewys dat Jesus Christus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe, moet ons toegewyd bly om die waarheid te ontdek oor wie Jesus is en wat Hy kom doen het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ons Sekuriteit Vir Die Ewigheid - Die Evangelie Van Johannes

Die Evangelie van Johannes is ‘n verslag van die lewe van Jesus. In hierdie boek vind ons antwoorde op baie van die lewe se oënskynlik onmoontlike vrae. Deur die lees van hierdie Evangelie kan ons te wete kom wat dit beteken om in Jesus te glo en wat dit beteken om die ewige lewe te hê. As jy al ooit vrae oor geloof gehad het, is hierdie Bybelstudie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/